Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 23:1-5 Die Boodskap (DB)

1. Toe Paulus voor die Joodse Raad stelling inneem, het hy hulle ’n paar oomblikke lank aandagtig deurgekyk. Toe sê hy vir hulle: “Broers, my lewe lank dien ek God. Ek het ook nog nooit doelbewus teen sy wil opgetree nie.”

2. Ananias, die hoëpriester, het hom lelik vererg vir Paulus. Hy sê toe vir een van sy helpers wat by Paulus gestaan het om hom op die mond te slaan. Paulus was baie kwaad daaroor.

3. Dadelik het hy vir die hoëpriester gesê: “God sal jou hieroor straf, jou skynheilige! Jy is veronderstel om my volgens die voorskrif van die wet te verhoor. Maar nou tree jy in stryd daarmee op deur te beveel dat ek geslaan word nog voordat ek skuldig bevind is.”

4. Een van die helpers wat by Paulus gestaan het, het geskok vir hom gevra: “Praat jy so met die hoëpriester?”

5. “My broers, ek het nie besef dat ek met die hoëpriester praat nie,” het Paulus geantwoord. “As ek dit geweet het, sou ek nie hierdie dinge gesê het nie. Ek weet immers dat daar in die Bybel geskryf staan: ‘’n Mens mag nie sleg praat van ’n leier van die volk nie.’”

Lees volledige hoofstuk Handelinge 23