Ou Testament

Nuwe Testament

Sefanja 3:7-19 Bybel vir Almal (ABA)

7. Ek het vir die mensevan Jerusalem gesê:‘Julle moet My eer,julle moet luisterwanneer Ek met julle praat.’As hulle geluister het,dan sou Ek die stad nie verwoes nieen hulle nie straf nie.Maar hulle het aangehouom verkeerd te doen.Alles wat hulle gedoen het,was verkeerd.

8. Daarom moet julle wag vir die dagwanneer Ek kom om julle te straf.Ek het besluit om die volkebymekaar te maak.Ek wil hê hulle moet voelhoe kwaad Ek is.Ek sal al die mense op die aardelaat brand in die vuur,want Ek is baie kwaad.”

9. “Maar op daardie dagsal Ek die volke verander.Hulle almal sal net vir My aanbid,hulle sal net vir My dien.

10. Die mense wat anderkantdie riviere van Kus woon,sal vir My presente bring.Hulle is mense van my volkwat My eer,maar Ek het hulleuit hulle land laat gaan,en hulle het in die land Kusgaan woon.

11. Ek sal die mensetussen julle wegvatwat dink hulle is baie belangrik.Daar sal nie meer hoogmoedige menseop my gewyde berg wees nie.Dan sal julle nie meerskaam wees oor alleswat julle teen My gedoen het nie.

12. ’n Nederige en eenvoudige volksal in Jerusalem oorblyen hulle sal veilig voel by My.

13. Die Israeliete wat nog lewe,sal nie verkeerd doen nieen hulle sal nie lieg nie.Dit sal goed gaan met hulle,soos met skape en bokkewat genoeg eeten dan gaan lê en rus,en niemand maak hulle skrik nie.”

14. Israeliete, julle watin Jerusalem woon,julle moet juig en bly wees,

15. want die Here het besluitom julle nie te straf nie.Hy het julle vyande gestopen laat teruggaan.Die Koning van Israel,die Here, is by julle.Julle moenie meer bang wees nie.

16. Daardie dag sal hullevir die mense in Jerusalem sê:“Julle moenie bang wees nie,mense van Jerusalem,julle moenie moedeloos wees nie.

17. Julle God die Here is by julle.Hy is die Groot Soldaatwat julle sal red.Hy is bly en Hy juig oor julle.Hy is lief vir julleen Hy sing oor julle.”

18. Die Here sê:“Ek sal julle mensewat in ander lande is,bymekaarmaak.Hulle kan nie in die ander landedie feeste van die Here vier nie.Hulle kry swaaromdat julle verkeerd gedoen het.

19. Ek sal nou almal strafwat vir julle verdruk het.Ek sal die lam mense help,ook die mense wat moes vlugen op ander plekkemoes gaan woon.Die ander mense het gemaakof my volk niks beteken nie,maar nou sal al die menseop die aarde my volk respekteer.

Lees volledige hoofstuk Sefanja 3