Ou Testament

Nuwe Testament

Sagaria 11:12-17 Bybel vir Almal (ABA)

12. Ek het vir hulle gesê: “Julle moet my betaal, maar as julle nie wil betaal nie, los dit.”Hulle het my toe 30 stukke silwer gegee.

13. Hulle het gedink dit is hoeveel ek moet kry. Die Here het toe vir my gesê: “Gooi die silwer vir die man wat dit kan smelt.”Ek het die 30 stukke silwer geneem en ek het dit in die tempel vir die man gegooi wat silwer smelt.

14. Daarna het ek my ander kierie, Saamwees, gebreek om te wys dat die mense van Juda en Israel nie meer saam sal wees nie.

15. Die Here het toe vir my gesê: “Jy moet weer vir jou kieries neem om skape op te pas, maar jy moet dit nou doen soos ’n skaapwagter wat nie weet hoe om skape op te pas nie.

16. Want Ek sal nou ’n skaapwagter kies en aanstel hier in die land. Hy sal nie bekommerd wees oor die skape wat wegraak nie. Hy sal nie die lammers soek nie, hy sal nie die skape help wat seergekry het nie, en hy sal nie die gesonde skape oppas nie. Hy sal die vet skape op-eet en ook hulle pote.

17. Dit sal sleg gaan met die skaapwagter wat nie weet hoe om sy skape op te pas nie en wat die skape alleen los. ’n Swaard sal in sy arm en ook in sy regter-oog steek. Sy arm sal heeltemal gebreklik word, en sy regter-oog sal heeltemal blind word.”

Lees volledige hoofstuk Sagaria 11