Ou Testament

Nuwe Testament

Prediker 8:11-17 Bybel vir Almal (ABA)

11. Wanneer mense verkeerd gedoen het, en jy straf hulle nie dadelik nie, dan sal hulle aanhou om verkeerd te doen,

12. want ’n sondaar kan 100 maal verkeerd doen en nog lank lewe. Maar dít weet ek ook: Dit sal goed gaan met die mense wat vir God respekteer en Hom dien,

13. en dit sal nie goed gaan met ’n mens wat verkeerd doen en wat nie vir God respekteer en dien nie. Hy sal nie lank lewe nie. Hy sal soos ’n skaduwee gou verdwyn.

14. Daar is iets wat op die aarde gebeur wat nie is soos dit moet wees nie: Daar is mense wat reg lewe, maar dan gebeur daar met hulle dinge wat moet gebeur met mense wat verkeerd doen. En daar is mense wat verkeerd doen, maar dan gebeur daar met hulle dinge wat moet gebeur met mense wat reg lewe. Ek sê dit is ook nie soos dit moet wees nie.

15. Ek het gesê dit is die beste om die lewe te geniet. Die beste wat ’n mens in hierdie wêreld kan doen, is om te eet en te drink en dinge te geniet. ’n Mens kan dit doen terwyl hy hard werk in die lewe wat God vir hom in hierdie wêreld gee.

16. Ek het hard probeer verstaan wat wysheid is en ek het probeer sien wat mense op die aarde doen, want hulle is baie besig en slaap amper nooit, nie in die dag of in die nag nie.

17. En toe het ek gesien hoe God alles gemaak het, en ek het gesien dat mense hard probeer verstaan wat alles in hierdie wêreld gebeur, maar hulle kan dit nie verstaan nie. En ook wanneer ’n wyse mens sê dat hy dit verstaan, dan kan hy dit nie verstaan nie.

Lees volledige hoofstuk Prediker 8