Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 21:16-23 Bybel vir Almal (ABA)

16. Die Israeliete het van daar verder gegaan na die put Beër. Die Here het voorheen met Moses van hierdie put gepraat toe Hy gesê het: “Maak die volk bymekaar sodat Ek vir hulle water uit die put kan gee.”

17. Daardie tyd het die Israeliete hierdie lied gesing:“Put, jy moet vol water word,hulle moet vir jou sing.

18. Dit is leiers wat hierdie putgegrawe het,die belangrike mensevan die volkhet jou gegrawemet hulle septersen hulle kieries.”Die Israeliete het uit die woestyn na Mattana gegaan,

19. van Mattana na Nagaliël, van Nagaliël na Bamot,

20. en van Bamot na die vallei wat in die land Moab is, naby die boonste punt van Pisga-berg. Van daar kyk ’n mens af na die droëland.

21. Die Israeliete het boodskappers gestuur na Sihon, koning van die Amoriete, en hulle het vir hom gevra:

22. “Ons wil deur jou land gaan. Ons sal nie wegdraai na die koringlande of die wingerde nie en ons sal nie water drink uit die putte nie. Ons sal op die Koningspad bly, totdat ons deur jou land is.”

23. Maar Sihon wou nie hê dat die Israeliete deur sy land moet gaan nie. Hy het al sy manne bymekaargeroep en hulle het gegaan om die Israeliete in die woestyn te ontmoet. Toe hy by die stad Jahas kom, het hy oorlog begin maak teen die Israeliete.

Lees volledige hoofstuk Numeri 21