Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 10:22-36 Bybel vir Almal (ABA)

22. Daarna het iemand die vlag van die Efraim-kamp gedra, en daarna het die groepe wat in die kampe was, gegaan.Elisama seun van Ammihudwas die hoofvan die Efraim-groep.

23. Gamliël seun van Pedasurwas die hoofvan die Manasse-groep.

24. Abidan seun van Gidoniwas die hoofvan die Benjamin-groep.

25. Die laaste vlag was altyd die vlag van die Dan-kamp. Iemand het dit gedra, en daarna het die groepe wat in die kampe was, gegaan.Agiëser seun van Ammi-Saddaiwas die hoofvan die Dan-groep.

26. Pagiël seun van Okranwas die hoofvan die Aser-groep.

27. Agira seun van Enanwas die hoofvan die Naftali-groep.

28. Dit is hoe die Israeliete in groepe gegaan het toe hulle verder gegaan het.

29. Moses het vir Gobab, seun van Moses se skoonpa Reüel van die land Midian, gesê: “Ons gaan nou na die land wat die Here belowe het om vir ons te gee. Jy moet saam met ons kom. Ons sal goed wees vir jou, want die Here het gesê dit sal goed gaan met ons.”

30. Gobab het vir Moses gesê: “Nee, ek wil teruggaan na my land en my familie, ek wil nie saam met julle gaan nie.”

31. Toe sê Moses: “Asseblief, jy moenie weggaan van ons nie. Jy weet waar ons in die woestyn ons tente kan opslaan en jy moet ons lei.

32. As jy saam met ons gaan, dan sal ons vir jou ook van die goeie dinge gee wat die Here vir ons sal gee.”

33. Die Israeliete het weggegaan van die berg van die Here. Hulle het drie dae lank elke dag verder gegaan. Die verbondskis van die Here het drie dae voor hulle gegaan om ’n plek te kry waar hulle kon bly.

34. Wanneer die Israeliete uit die kamp gegaan het, dan was die wolk van die Here in die dag oor hulle.

35. Wanneer die kis weggegaan het, dan het Moses gesê:“Here, U moet opstaan,u vyande moet weghardloopna al die kante toe,die mense wat nie lief isvir U nie,moet wegvlug.”

36. En wanneer die kis op een plek gebly het, dan het Moses gesê:“Here van die tienduisendeIsraeliete,U moet terugkom.”

Lees volledige hoofstuk Numeri 10