Ou Testament

Nuwe Testament

Nehemia 7:1-11 Bybel vir Almal (ABA)

1. Nadat ons die muur klaar gebou het en die deure van die poorte ingesit het, het ons poortwagte en mense wat moet sing en Leviete gekies en aangestel.

2. Ek het my broer Ganani aangestel om oor Jerusalem te regeer saam met Gananja. Gananja was die hoof van die gebou by die tempel, die gebou wat sterk mure gehad het. Gananja het altyd gedoen wat hy belowe het en hy het God gerespekteer, meer as baie ander mense.

3. Ek het vir hulle gesê: “Julle moenie die deure van die poorte van Jerusalem oopmaak voordat die son warm is nie, en julle moet die deure toemaak met die sluitbalke voordat die mense gaan slaap. Julle moet ook wagte kies en aanstel uit die mense van Jerusalem. Elkeen moet ’n beurt kry om wag te staan en elkeen moet wagstaan voor sy huis.”

4. Die stad was groot en wyd, maar daar was min huise en min mense.

5. My God het my laat besluit om die belangrike mense en die leiers bymekaar te bring sodat ons die mense se name op die naamlys kon skryf. En toe kry ek ’n ander lys, die name van die mense wat eerste teruggekom het na Juda, was daarop geskryf. Ek het gesien hulle het daarop geskryf:

6. Hier is ’n lys van die mense van die provinsie Juda wat teruggekom van Babel. Koning Nebukadnesar van Babel het hulle voorheen weggevat na Babel, en hulle was daar gevangenes. Nou het hulle teruggekom na Jerusalem en Juda, elkeen het teruggekom na sy eie stad.

7. Hulle het gekom saam met Serubbabel, en saam met Jesua, Nehemia, Asarja, Raämja, Nagamani, Mordegai, Bilsan, Misperet, Bigwai, Negum en Baäna. Hier is ’n lys van die families van die volk Israel en hoeveel mense in elke familie was:

8. Die families was:Paros, hulle was almal saam 2 172 mans,

9. Sefatja 372,

10. Arag 652,

11. Pagat-Moab, dit was die Jesua-familie en die Joab-familie, 2 818,

Lees volledige hoofstuk Nehemia 7