Ou Testament

Nuwe Testament

Nehemia 10:36-39 Bybel vir Almal (ABA)

36. “Ons sal ons oudste seuns en die eerste kalwers en lammers van ons diere, van ons beeste, ons skape en ons bokke, na die priesters toe bring wat in die tempel werk. Ons sal dit doen soos die wette sê.

37. “Ons sal die eerste deeg wat ons knie nadat ons die koring afgesny het, na die priesters toe bring, en ook ons presente en vrugte van elke boom, en wyn en olyf-olie. Ons sal dit bring na die kamers by die tempel van ons God, en ons sal die tiende van al ons koring vir die Leviete gee. Die Leviete sal die tiendes bymekaarmaak in al die stede waar ons werk.

38. Die priester uit die nageslag van Aäron sal saam met die Leviete gaan wanneer hulle die tiendes bymekaarmaak. Die Leviete sal een tiende van die tiendes na die tempel van ons God bring. Hulle sal dit in die stoorkamers sit.

39. “Ja, die Israeliete en die Leviete sal presente na die stoorkamers bring. Die presente is koring, wyn en olyf-olie. Die priesters bêre die gereedskap vir die tempel daar, want hulle werk daar en die poortwagte en die mense wat moet sing, is ook daar.“Ons sal alles doen wat nodig is vir die tempel van ons God.”

Lees volledige hoofstuk Nehemia 10