hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13

Ou Testament

Nuwe Testament

Nehemia 10 Bybel vir Almal (ABA)

1. Hierdie persone se name was op die seëls: Die goewerneur Nehemia seun van Gakalja,

2-8. die priesters Seraja, Asarja, Jeremia, Pasgur, Amarja, Malkija, Gattus, Sebanja, Malluk, Garim, Meremot, Obadja, Daniël, Ginneton, Baruk, Mesullam, Abija, Mijamin, Maäsja, Bilgai en Semaja,

9. die Leviete Jesua seun van Asanja, Binnuï, Genadad, Kadmiël,

10. en die ander Leviete Sebanja, Hodija, Kelita, Pelaja, Ganan,

11. Mika, Regob, Gasabja,

12. Sakkur, Serebja, Sebanja,

13. Hidija, Bani en Beninu,

14. die leiers van die volk: Paros, Pagat-Moab, Elam, Sattu, Bani,

15. Bunni, Asgad, Bebai,

16. Adonija, Bigwai, Adin,

17. Ater, Hiskia, Assur,

18. Hodija, Gasum, Besai,

19. Garif, Anatot, Nobai,

20. Magpias, Mesullam, Gesir,

21. Mesesabel, Sadok, Jaddua,

22. Pelatja, Ganan, Anaja,

23. Hosea, Gananja, Gassub,

24. Loges, Pilga, Sobek,

25. Regum, Gasabna, Maäseja,

26. Agija, Ganan, Anan,

27. Malluk, Garim en Baäna.

28-29. Die ander mense het saam met mekaar en saam met hulle leiers belowe dat hulle sal doen wat die wette van God sê, die wette wat Moses, die dienaar van God, vir die volk gegee het. Hulle het gesê dat God hulle kan doodmaak as hulle nie gehoorsaam is aan al die gebooie van die Here, ons Here, nie, as hulle nie gehoorsaam is aan alles wat Hy besluit het en gesê het nie. Hierdie mense was die priesters, die Leviete, die poortwagte, die mense wat moes sing, die tempel-slawe, almal wat apart gegaan het, weg van die ander volke in die land. Hulle het weggegaan sodat hulle kan doen wat die wette van God sê. Hulle vroue, hulle kinders en almal wat kon verstaan, het ook saam met hulle gegaan.

30. Hulle het gesê:“Ons sal ons kinders nie laat trou met die kinders van die ander mense in die land nie.

31. “Wanneer die ander mense op die Sabbatdag goed of koring bring om te verkoop, dan sal ons dit nie van hulle koop nie, nie op die Sabbatdag of op ’n ander gewyde dag nie.“In die sewende jaar sal ons nie ons lande ploeg of saai nie en ons sal sê mense moenie betaal wat hulle vir ons skuld nie.

32. “Ons besluit dat elkeen van ons elke jaar een derde van ’n sikkel goud sal gee vir die werk in die tempel van ons God.

33. Hierdie geld is om te betaal vir die offer-brood, die koring-offer en die brand-offer elke dag, vir die offers op die Sabbatdag, die Nuwemaan-feeste en die ander feeste, en vir die gewyde presente en die sonde-offers. Die priesters moet daarmee versoening doen vir die volk. Hulle sal al die ander werk in die tempel van ons God ook met daardie geld betaal.

34. “Ons priesters, ons Leviete en die ander mense het lootjies getrek om te sien watter familie elke jaar op die regte tyd die hout moet bring om op die altaar van ons God die Here aan die brand te steek. Hulle moet dit doen soos die wette sê.

35. “Ons sal elke jaar die eerste koring en gars wat ons afsny, na die tempel bring, en ook die eerste vrugte wat ons pluk.

36. “Ons sal ons oudste seuns en die eerste kalwers en lammers van ons diere, van ons beeste, ons skape en ons bokke, na die priesters toe bring wat in die tempel werk. Ons sal dit doen soos die wette sê.

37. “Ons sal die eerste deeg wat ons knie nadat ons die koring afgesny het, na die priesters toe bring, en ook ons presente en vrugte van elke boom, en wyn en olyf-olie. Ons sal dit bring na die kamers by die tempel van ons God, en ons sal die tiende van al ons koring vir die Leviete gee. Die Leviete sal die tiendes bymekaarmaak in al die stede waar ons werk.

38. Die priester uit die nageslag van Aäron sal saam met die Leviete gaan wanneer hulle die tiendes bymekaarmaak. Die Leviete sal een tiende van die tiendes na die tempel van ons God bring. Hulle sal dit in die stoorkamers sit.

39. “Ja, die Israeliete en die Leviete sal presente na die stoorkamers bring. Die presente is koring, wyn en olyf-olie. Die priesters bêre die gereedskap vir die tempel daar, want hulle werk daar en die poortwagte en die mense wat moet sing, is ook daar.“Ons sal alles doen wat nodig is vir die tempel van ons God.”