Ou Testament

Nuwe Testament

Levitikus 6:11-17 Bybel vir Almal (ABA)

11. Dan moet hy sy klere uittrek en ander klere aantrek en hy moet die vet na ’n rein plek buite die kamp bring.

12. Die vuur op die altaar moet aanhou brand, dit mag nie doodgaan nie. Die priester moet elke oggend hout op die vuur sit. Hy moet die brand-offer op die vuur sit en hy moet die vet van die ete-offer in die vuur verbrand.

13. Daar moet altyd vuur wees op die altaar, dit mag nie doodgaan nie.”

14. “En dit is wat die priesters met die koring-offer moet doen: ’n Priester van die nageslag van Aäron moet die offer naby die altaar bring voor die Here,

15. en hy moet ’n handvol van die meel en die olyf-olie neem en ook al die wierook wat bo-op die koring-offer is. Dan moet hy dit verbrand. Die handvol meel is die teken van die hele offer. Dit ruik lekker vir die Here.

16. Aäron en sy seuns moet die meel eet wat oorbly. Hulle moet ongesuurde brood daarvan bak en hulle moet dit op ’n gewyde plek eet, op die oop stuk grond by die tempel.

17. Hulle mag nie die brood met suurdeeg bak nie. Dit is wat die priesters moet kry van die vuur-offers. Dit is hoog-gewyd, soos die sonde-offer en die skuld-offer.

Lees volledige hoofstuk Levitikus 6