Ou Testament

Nuwe Testament

Josua 4:3-9 Bybel vir Almal (ABA)

3. en julle moet vir hulle sê: ‘Julle moet hier in die middel van die Jordaan-rivier twaalf klippe optel, op die plek waar die priesters gestaan het. Julle moet die klippe saamneem en julle moet die klippe neersit op die plek waar julle vannag gaan slaap.’ ”

4. Josua het toe die twaalf mans geroep wat hy uit die Israeliete gekies het, een man uit elke stam,

5. en hy het vir hulle gesê: “Julle moet voor die kis van julle God die Here loop na die middel van die Jordaan-rivier, en julle elkeen moet ’n klip optel en op sy skouer sit, een klip vir elke stam van die Israeliete.

6. Die klippe moet vir julle ’n teken wees. Wanneer julle kinders eendag vir julle vra: ‘Wat beteken daardie klippe vir julle?’

7. dan moet julle vir hulle sê: ‘Toe die verbondskis van die Here deur die Jordaan-rivier gegaan het, het die water opgehou om te vloei. Daardie klippe is daar sodat die Israeliete altyd sal onthou wat gebeur het.’ ”

8. Die Israeliete het gedoen wat Josua gesê het. Hulle het twaalf klippe in die Jordaan-rivier opgetel, een klip vir elke stam van die Israeliete. Hulle het die klippe saamgeneem en hulle het dit neergesit op die plek waar hulle die nag geslaap het. Die Here het vir Josua gesê hulle moet dit doen.

9. Josua het twaalf klippe regop gesit in die Jordaan-rivier op die plek waar die priesters gestaan het wat die verbondskis gedra het. Die klippe is nou nog daar.

Lees volledige hoofstuk Josua 4