Ou Testament

Nuwe Testament

Joël 2:7-19 Bybel vir Almal (ABA)

7. Die sprinkane hardloopsoos soldate wat kom oorlog maak,hulle klim bo-oor die stad se mure.Elkeen gaan reguit vorentoe,hy draai nie links of regs nie.

8. Hulle stamp nie teen mekaar nie,elkeen loop op sy eie pad.Die mense gooi baie sprinkanemet klippe dood,maar die ander sprinkanestaan nie stil nie.

9. Hulle hardloop in die stad in,hulle hardloop oor die mure,hulle klim teen die huise op,hulle klim soos diewedeur die vensters.

10. Wanneer die sprinkane kom,dan bewe die aardeen skud die hemel.Dan word die sonen die maan donker,en die sterre skyn nie meer nie.

11. Dit is die Here selfwat die sprinkane bring.Die sprinkane is sy soldate,en Hy roep hulle om te kom.Hulle is baie soldateen hulle is sterk,en hulle almal luister na Hom.Ja, die dag van die Hereis ’n vreeslike dag!Dit is ’n verskriklike dag,niemand sal lewewanneer daardie dag verby is nie.

12. Maar die Here sê daar is nog tyd.Hy sê:“Julle moet terugkom na My toe.Julle moet My altyd dien,julle moet net vir My dien.”Julle moet vas en huil en treur.

13. Moenie net vir mense wysjulle is jammer nie,wys dit vir die Here.Moenie net julle klereskeur nie, skeur julle harte.Julle moet terugkomna julle God die Here toe,want Hy is genadig en goedvir mense wat swaarkry.Hy is geduldig en vol liefde.Hy vergewe mense se sonde maklik.

14. Miskien sal Hyjulle sonde vergeween julle weer seën.Dan sal daar weer koring-offersen drank-offers weesvir julle God die Here.

15. Julle moet die ramshoringblaas op Sionsberg.Julle moet ’n dagaan die Here wy,en almal moet op daardie dag vas.Julle moet al die mense roepom bymekaar te kom.

16. Julle moetdie mense bymekaarmaaken die gemeente wy,julle moetal die mense bymekaarmaak,die mense wat oud is, die kindersen ook die babatjieswat nog aan hulle ma’s drink.Die bruidegom en die bruidmoet ook uitkomuit hulle slaapkamer.

17. Die priesters moet dantussen die tempelen die altaar staanen hulle moet huil.Die priesters, die mensewat vir die Here werk,moet dan bid en sê:“Here, U moet asseblief jammer weesvir u volk,ons behoort aan U.Die ander volke spoten lag vir ons.U moet hulle stop.Hulle sê:‘Waar is daardie mense se God?Hoekom help Hy hulle nie?’ ”

18. Die Here is baie lief vir sy land.Hy was jammer vir sy volk.

19. Die Here het vir sy volk gesê:“Ek stuur vir julleal die koring en wynen olyf-olie wat julle nodig het.Ek sal julle help.Die ander volke sal jullenie weer spot nie.

Lees volledige hoofstuk Joël 2