Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 7:9-18 Bybel vir Almal (ABA)

9. Peka is ook nie belangrik nie. Hy is nie ’n koning van die nageslag van Dawid nie. Hy is net die hoof van Samaria, en Samaria is die hoofstad van Efraim, Jerusalem is nie die hoofstad van Efraim nie. Maar, Agas, as julle nie aanhou glo nie, dan sal julle nie aanhou lewe nie.”

10. Die Here het weer vir koning Agas ’n boodskap gestuur.

11. Hy het gesê Jesaja moet vir Agas sê: “Jy mag vir jou God die Here ’n teken vra, enige iets, in die doderyk of in die hemel.”

12. Maar Agas het gesê: “Ek sal nie vir die Here ’n teken vra nie, ek wil Hom nie toets nie.”

13. Jesaja sê toe: “Luister, julle wat van die nageslag van koning Dawid is, julle maak my moeg, en nou wil julle ook my God moeg maak.

14. Daarom sal die Here self vir julle ’n teken wys. Kyk, die jong vrou verwag ’n baba. Sy sal ’n seun kry en sy sal hom Immanuel noem.

15. Die seun sal dikmelk en heuning eet en hy sal leer om nie slegte dinge te doen nie. Hy sal net doen wat goed is.

16. “Voordat dit gebeur, sal daar nie meer mense wees in die lande van die twee konings vir wie jy bang is nie.

17. Agas, die Here sal julle laat swaarkry, jy en jou volk en jou familie. Daar sal dinge met julle gebeur wat nog nooit gebeur het nie, vandat die land Efraim en die land Juda nie meer een land is nie. Dit sal gebeur wanneer die koning van Assirië kom.

18. “Daardie dag sal die Here fluit vir die vlieë wat ver langs die riviere in Egipte is en vir die bye wat in die land Assirië is.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 7