Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 7:25-33 Bybel vir Almal (ABA)

25. Dit het julle gedoen vandat julle voorvaders uit die land Egipte gekom het, tot vandag toe. Ek het aangehou om my dienaars, die profete, na julle toe te stuur,

26. maar julle was nie gehoorsaam nie, julle het nie geluister nie, julle was hardkoppig en julle was slegter as julle voorvaders.

27. “Jeremia, jy sal dit alles vir die volk sê, maar hulle sal nie na jou luister nie. Jy sal hulle roep, maar hulle sal jou nie antwoord nie.

28. Dan sal jy van hulle sê: ‘Hulle is die volk wat nie gehoorsaam was aan hulle God die Here nie en wat nie gedoen het wat Hy vir hulle gesê het nie. Daar is niks wat reg is by hulle nie.

29. Jerusalem, jy dink jy is ’n nasireër, maar jy moet jou lang hare afknip en ’n klaaglied sing op die heuwels waar daar nie plante groei nie. Jy moet huil en treur oor jou mense wat dood is, want die Here het sy volk gelos omdat Hy kwaad is vir hulle. Vyande het hulle weggevat.’ ”

30. Die Here sê: “Ek het dit gedoen omdat die mense van Juda dinge gedoen het waarvan Ek nie hou nie. Hulle het afgodsbeelde neergesit in die tempel wat my Naam het en hulle het my tempel ontwy.

31. En hulle het ’n offer-plek gebou in die Hinnom-vallei waar hulle vuur gemaak het en hulle seuns en dogters verbrand het. Ek het nie gesê hulle moet dit doen nie, Ek het nooit aan so iets gedink nie.”

32. Die Here sê: “Daar sal ’n tyd kom wanneer die mense nie meer sal praat van die plek in die Hinnom-vallei waar hulle vuur gemaak het nie, hulle sal die plek noem ‘Moord-vallei.’ En hulle sal die mense wat sterf, daar begrawe, omdat daar nie ander plek vir grafte sal wees nie.

33. Die voëls en die wilde diere sal die lyke van hierdie volk vreet, en niemand sal die voëls en die diere wegjaag nie.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 7