Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 49:20-33 Bybel vir Almal (ABA)

20. Daarom moet julle hoor wat die Herebesluit het oor Edom,julle moet hoor wat Hy wil doenmet die mense van die stad Teman.Die vyande sal hulle kinders wegsleep,dit is seker,hulle sal al die mense wegvatuit die woonplek van die Edomiete,dit is seker.

21. Die aarde sal skudwanneer die Edomiete val,die mense by die Riet-seesal hoor hoe skree die Edomiete.

22. Soos ’n arend opvlieg en afkomen sy vlerke oopmaak,so sal die vyande na die stad Bosra kom.“Daardie dag sal die soldate van Edom so bang wees soos ’n vrou wanneer haar baba gebore moet word.”

23. Die Here praat oor Damaskus. Hy sê:“Die mense van die stede Hamat en Arpadweet nie wat om te doen nie,want hulle het slegte nuus gekry.Hulle smelt weg, hulle gaan heen en weersoos die branders van die see wat nie stil word nie.

24. Die mense van die stad Damaskus kan niks doen nie,hulle het omgedraai en gevlug, hulle het groot geskrik.Hulle is so bang en hulle kry so seersoos ’n vrou wanneer haar baba gebore moet word.

25. Almal het gepraat oor die stad,en al die mense daar was so vrolik,maar daardie stad sal nou leeg word.”

26. Daarom sê die Here wat oor alles regeer:“Daardie dag sal die jongmanne van Damaskusin die strate van die stad val,en die soldate sal stil word.

27. Ek sal ’n vuur aansteekteen die muur van Damaskus,en die mooi huise wat koning Ben-Hadad gebou het,sal afbrand.”

28. Die Here praat oor die stad Kedar en oor die lande van Gasor. Koning Nebukadnesar het hulle oorwin.Die Here sê:“Julle moet gereedmaak en na Kedar gaan,julle moet die Oosmense verwoes,

29. julle moet hulle tente vat en hulle skape en bokke,hulle tentdoeke en al hulle goed.Julle moet hulle kamele wegvaten julle moet vir die mense skree en sê:Daar kom skrik van al die kante!

30. Mense van Gasor, die Here sêjulle moet vlug,julle moet weghardloop,julle moet diep wegkruip,want koning Nebukadnesar het’n plan gemaak teen julle,hy wil iets doen teen julle.”

31. Die Here het vir Nebukadnesar gesê:“Julle moet gereedmaaken julle moet ’n volk gaan aanval wat dink hulle is veilig.Hulle stede het nie poortewat kan toesluit nie,en hulle woon alleen.

32. Julle kan hulle kamele vaten ook hulle baie skape en bokke.Ek sal hierdie mense wegjaagna al die kante toe,hierdie mense wat die kantevan hulle koppe kaal skeer.En Ek sal hulle laat bang wordvir almal wat daar verbyloop.”Dit sê die Here.

33. Gasor sal ’n plek wees vir jakkalse,daar sal nooit weer mense woon nie,nie een mens sal daar bly nie.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 49