Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 21:5-14 Bybel vir Almal (ABA)

5. Ek sal self teen julle oorlog maak en julle straf, want Ek is kwaad, baie kwaad.

6. Ek sal almal in die stad, die mense en die diere, laat sterf van ’n groot pes.

7. En daarna sal Ek koning Sedekia van Juda en sy amptenare gee vir koning Nebukadnesar van Babel, Ek sal ook vir Nebukadnesar die mense gee wat nie gesterf het van pes en oorlog en honger nie. Ek sal hulle gee vir hulle vyande wat hulle wil doodmaak. Die vyande sal hierdie mense doodmaak, hulle sal nie jammer wees vir hulle nie, hulle sal nie een laat lewe nie.

8. En, Jeremia, jy moet vir hierdie volk sê: Julle kan kies of julle wil lewe en of julle wil sterf.

9. Almal wat in hierdie stad bly, sal sterf. Die vyande sal julle doodmaak of julle sal sterf van pes of van honger. Maar elkeen wat uit die stad gaan en na die Galdeërs toe gaan wat rondom die stad is, hy sal aanhou lewe. Hy sal niks anders hê nie, maar hy sal lewe.

10. Ja, Ek het hierdie stad se vyand geword. Ek sal dit sleg laat gaan met julle, Ek sal dit nie goed laat gaan nie. Ek gee die stad vir die koning van Babel, en hy sal die stad verbrand.”

11. Die Here het vir Jeremia gesê hy moet vir die familie van die koning van Juda sê:“Julle moet luister na wat die Here sê.

12. Die Here sê vir die nageslag van Dawid:Julle moet elke oggend reg doen aan mense.Mense vat ander mense se goed en laat hulle swaarkry,maar julle moet die mense help wat swaarkry.As julle dit nie doen nie, dan sal Ek baie kwaad word.Dit sal wees soos ’n vuur wat aanhou brand.Niemand sal die vuur doodmaak nie,want julle doen baie slegte dinge.

13. Die Here sê vir julle wat buite die stad woon,op die rots bokant die gelyk grond:Julle dink julle is veilig daar en julle is nie bang nie,maar Ek is julle vyand.

14. Ek sal julle straf oor die dinge wat julle doen,Ek sal julle paleis aan die brand steek,en alles rondom die paleis sal brand.”

Lees volledige hoofstuk Jeremia 21