Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 11:1-13 Bybel vir Almal (ABA)

1. Jeremia het gehoor die Here sê vir hom:

2. “Jy moet hoor wat Ek gesê het toe Ek ’n verbond gemaak het met die Israeliete, en jy moet dit sê vir die mense van Juda en vir die mense wat in Jerusalem woon.

3. Jy moet vir hulle sê: Die Here, die God van Israel, sê: Ek vervloek die man wat nie gehoorsaam is aan wat Ek gesê het toe Ek met julle voorvaders ’n verbond gemaak het nie.

4. Dit het in Egipte baie sleg gegaan met julle voorvaders, en Ek het hulle uit Egipte gebring. Ek het vir hulle gesê: Julle moet gehoorsaam wees aan My en julle moet alles doen wat Ek vir julle sê. Dan sal julle my volk wees en Ek sal julle God wees.

5. En dan sal Ek aanhou doen wat Ek vir julle voorvaders belowe het. Ek het gesê Ek sal vir hulle ’n land gee waar daar baie melk en heuning is, en julle het vandag so ’n land.”Ek, Jeremia, het geantwoord: “Amen, Here.”

6. Toe sê die Here vir my: “Gaan praat met die mense in die stede van Juda en op die strate van Jerusalem. Jy moet vir hulle sê: Julle moet gehoorsaam wees en doen wat Ek gesê het toe Ek ’n verbond gemaak het met julle voorvaders.

7. “Vandat Ek julle voorvaders uit Egipte gebring het tot vandag toe het Ek aangehou om vir julle te sê: Julle moet gehoorsaam wees aan My.

8. Maar julle was nie gehoorsaam nie, julle het nie geluister nie. Julle was hardkoppig en het aangehou lewe soos julle slegte harte vir julle gesê het. Daarom het Ek met julle laat gebeur wat Ek gesê het toe Ek die verbond gemaak het met julle voorvaders. Julle het nie gedoen wat Ek gesê het julle moet doen nie.”

9. Die Here het ook vir my gesê: “Die mense van Juda en die mense wat in Jerusalem woon, het besluit om ander gode te dien.

10. Hulle het dieselfde sondes gedoen wat hulle voorvaders gedoen het. Hulle voorvaders was nie gehoorsaam aan wat Ek gesê het nie en hulle het ander gode gaan dien. Die volk Israel en die volk Juda het die verbond gebreek wat Ek met hulle voorvaders gemaak het.

11. Daarom sal Ek hulle straf. Hulle sal swaarkry en hulle sal My roep en vra Ek moet help, maar Ek sal nie luister nie.

12. Die mense van Juda en die mense wat in Jerusalem woon, sal dan na hulle gode roep en hulle sal vra dat die gode hulle moet help. Hulle het wierook-offers vir daardie gode gebring, maar die gode sal hulle glad nie kan red wanneer dit sleg gaan nie.

13. Die mense van Juda het baie gode gehad, so baie soos hulle stede. In Jerusalem was daar baie altare, so baie soos hulle strate. Hulle het wierook-offers op die altare gebring vir die skande-afgod Baäl.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 11