Ou Testament

Nuwe Testament

Habakuk 3:13-19 Bybel vir Almal (ABA)

13. U kom om u volk te red,en ook die koning wat U gesalf het.U maak die leiervan die slegte mense dooden U breek hulle huiseheeltemal af. Sela

14. Die vyande se soldatehardloop na ons toeom ons weg te jaagna al die kante toe,maar U maak hulle leier doodmet sy eie spies.Hulle het gedink u volk is swak,hulle het gedink hulle sal ons maklik vangen doodmaakwaar niemand dit sien nie.Hulle het al klaar bly geword daaroor.

15. Wanneer U oor die see rymet u perde,dan raas die water.Die wolke is u perde.

16. Ek hoor dit en ek skrik.My lippe bewe,my hele liggaam word lam,my bene ruk.Ek bly stil en ek wagdat die dag moet kom.Ek wag vir die dagwanneer daardie volkook swaar sal kry,die volk wat teen onsoorlog gemaak het.

17. Die vyeboom kry nie blare nie,en daar is nie druiweaan die wingerdstok nie.Daar is niks olywe nie,en ons het nie koringin ons koringlande nie.Die vyande het ons skape en bokkeuit ons kampe weggevat,en daar is nie beeste in die kraal nie.

18. Maar ek is bly.Ek juig oor alles wat die Here doen,Hy is die God wat my red.

19. Die Here maak my sterk.Hy help my om veilig te loopoor hoë berge,so maklik soos ’n ribbok daar loop.Julle moet op die lier speel en hierdie lied sing.

Lees volledige hoofstuk Habakuk 3