hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3

Ou Testament

Nuwe Testament

Habakuk 3 Bybel vir Almal (ABA)

Die gebed van die profeet Habakuk

1. Die gebed van die profeet Habakuk. Die mense moet dit sing soos hulle die lied Sigjonot sing.

2. Here, ek het gehoordie mense praat oor U,en ek eer U oor alleswat U gedoen het.Maar ek vra vir U:Doen dit nou weer,wys nou weer vir onswat U gedoen het.U is nou kwaad,maar U moet asseblief weergoed wees vir ons.

3. God kom van die land Teman,die heilige God kom van Paran-berg. SelaAlles in die hemel eer Hom,Hy is die Koning.Al die mense op die aardeprys Hom.

4. Dit is lig rondom Hom,so lig soos die son,en uit sy hand kom die weerlig.Dan sien die mense hoe sterk Hy is.

5. Waar Hy kom, word mense siek,en wanneer Hy weggaan, dan sterf hulle.

6. Die aarde bewe waar Hy staan,die volke bewe waar Hy kyk.Die berge en die heuwels is baie oud,maar hulle breek en val.Die Here loop oor hullesoos Hy altyd gedoen het.

7. Ek sien hoe die Heredie Midianiete straf,die mense wat in tente woonin die land Kusan.Ek sien hoe bewe die mensein hulle tentein die land Midian.

8. Here, dit lyk of U kwaad isvir die riviere en die see,want U kom op u perdeen u oorlogkarre, die wolke.U kom om u vyande te oorwin.

9. U haal u boog uiten U skiet u pyle, die weerlig.Die weerlig slaan waarU gesê het dit moet slaan. SelaDan val die reënen die riviere sny die aarde.

10. Die berge sien Uen hulle bewe.Die strome water gaan verby.Die see raas,en sy branders is groot.

11. Die weerlig is u pyle en u spiese.Wanneer die weerlig slaan,dan staan die sonen die maan stil.

12. U is kwaad, U kom na die aarde.U is kwaad, U kom die volke straf.

13. U kom om u volk te red,en ook die koning wat U gesalf het.U maak die leiervan die slegte mense dooden U breek hulle huiseheeltemal af. Sela

14. Die vyande se soldatehardloop na ons toeom ons weg te jaagna al die kante toe,maar U maak hulle leier doodmet sy eie spies.Hulle het gedink u volk is swak,hulle het gedink hulle sal ons maklik vangen doodmaakwaar niemand dit sien nie.Hulle het al klaar bly geword daaroor.

15. Wanneer U oor die see rymet u perde,dan raas die water.Die wolke is u perde.

16. Ek hoor dit en ek skrik.My lippe bewe,my hele liggaam word lam,my bene ruk.Ek bly stil en ek wagdat die dag moet kom.Ek wag vir die dagwanneer daardie volkook swaar sal kry,die volk wat teen onsoorlog gemaak het.

17. Die vyeboom kry nie blare nie,en daar is nie druiweaan die wingerdstok nie.Daar is niks olywe nie,en ons het nie koringin ons koringlande nie.Die vyande het ons skape en bokkeuit ons kampe weggevat,en daar is nie beeste in die kraal nie.

18. Maar ek is bly.Ek juig oor alles wat die Here doen,Hy is die God wat my red.

19. Die Here maak my sterk.Hy help my om veilig te loopoor hoë berge,so maklik soos ’n ribbok daar loop.Julle moet op die lier speel en hierdie lied sing.