Ou Testament

Nuwe Testament

Esegiël 8:1-9 Bybel vir Almal (ABA)

1. Ek het in my huis gesit, en die leiers van Juda het voor my gesit. Dit was die vyfde dag van die sesde maand van die sesde jaar. Ek het gevoel die Here, Hy wat Here is, sit sy hand op my.

2. Ek het gekyk en ek het ’n persoon gesien wat soos vuur lyk. Daar was iets wat gelyk het soos sy heupe, en onder sy heupe was daar ook vuur. Bo sy heupe was iets wat geblink het soos brons wat iemand blink gevryf het.

3. Die persoon het iets uitgesteek, dit was soos ’n hand, en dit het my aan my hare gevat. Die Gees het my opgetel tussen die aarde en die hemel en Hy het my na Jerusalem gebring. Dit was dinge wat God vir my gewys het. Hy het my gebring tot by die ingang na die binneste poort. Die poort is noord van die tempel, daar waar die beeld staan wat vir die Here so baie kwaad maak.

4. En toe sien ek die lig wat om die Koning, die God van Israel, is. Dit was dieselfde soos die lig wat ek gesien het in die vallei.

5. Die Here het vir my gesê: “Mens, kyk noord.”Ek het na die noorde gekyk, en toe sien ek daardie beeld by die altaar, die beeld wat vir God so kwaad maak. Dit was by die noordekant van die poort, by die ingang.

6. Die Here het vir my gesê: “Mens, sien jy nou self wat hulle doen? Sien jy watter baie slegte dinge doen die volk Israel hier ver weg van die tempel? Maar jy sal nog meer slegte dinge sien.”

7. Hy bring my toe tot by die ingang na die oop stuk grond, en daar is toe ’n gat in die muur.

8. Toe sê die Here vir my: “Mens, jy moet nou die gat groter maak, sodat jy kan deurgaan.”Ek het dit gedoen, en toe sien ek daar ’n ingang.

9. Die Here het vir my gesê: “Gaan kyk na die baie slegte dinge wat hulle hier doen.”

Lees volledige hoofstuk Esegiël 8