Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronomium 29:11-19 Bybel vir Almal (ABA)

11. julle kinders, julle vroue, die vreemdelinge wat by julle woon, julle houtkappers en julle waterdraers is almal hier.

12. Julle staan hier om ’n verbond te maak met julle God die Here en om te hoor wat die Here sê. Hy sal sê wat met julle sal gebeur as julle die verbond breek.

13. Julle staan hier omdat die Here vandag wil sê dat julle sy volk is en dat Hy julle God is soos Hy gesê het en soos Hy belowe het vir julle voorvaders Abraham, Isak en Jakob.

14. Ek maak hierdie verbond nie net met julle nie en ek sê nie net vir julle wat met julle sal gebeur as julle die verbond breek nie.

15. Ek maak hierdie verbond met almal wat hier saam met ons staan en ook met almal wat nie vandag hier saam met ons is nie.

16. Want julle weet dat ons in die land Egipte gewoon het en dat ons tussen ander volke deur gegaan het tot hier.

17. Julle het hulle lelike afgode gesien, afgode van hout en klip, silwer en goud.

18. Daar mag nie ’n man of ’n vrou of ’n familie of ’n stam wees wat vandag dink dat hulle wil weggaan van ons God die Here nie, hulle moenie dink dat hulle die gode van daardie volke sal gaan dien nie. As iemand dit dink, dan sal hy wees soos ’n wortel waaruit gifplante en wilde-als groei.

19. So iemand sal miskien hoor wat sal gebeur wanneer hy die verbond breek, maar hy is hardkoppig en hy sê: ‘Dit sal goed gaan met my, ek sal doen wat ek wil.’

Lees volledige hoofstuk Deuteronomium 29