Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronomium 24:1-7 Bybel vir Almal (ABA)

1. Moses het gesê: “’n Man trou miskien met ’n vrou, maar hy hou later nie meer van haar nie omdat hy uitgevind het dat daar iets verkeerd is met haar. Dan moet hy vir haar ’n skeibrief skryf en hy moet dit vir haar gee en sê sy moet weggaan uit sy huis.

2. Wanneer sy weggegaan het, dan trou sy miskien met ’n ander man,

3. maar die tweede man hou later ook nie meer van haar nie. Hy skryf vir haar ’n skeibrief en gee dit vir haar en sê sy moet weggaan uit sy huis. Of miskien sterf die tweede man met wie sy getrou het.

4. Dan mag haar eerste man wat van haar geskei het, nie weer met haar trou nie. Sy het onrein geword en die Here sal nie daarvan hou dat sy weer trou met haar eerste man nie. Julle moenie sonde in die land bring nie, die land wat julle God die Here vir julle gee om aan julle te behoort.”

5. “Wanneer ’n man die eerste maal getrou het met ’n vrou, dan mag hy nie saam met die leër gaan om oorlog te maak nie. Hy moet niks anders doen nie, hy mag ’n jaar lank by die huis bly en gelukkig wees met die vrou met wie hy getrou het.

6. “Jy mag nie iemand se maalklippe of die boonste klip van sy koringmeul vat wanneer hy geld vir jou skuld nie.

7. “Julle vang miskien iemand wat ’n ander Israeliet steel en wat hom ’n slaaf maak en hom verkoop. Daardie dief moet dan sterf. Julle mag nie saam met hom skuldig wees nie.

Lees volledige hoofstuk Deuteronomium 24