Ou Testament

Nuwe Testament

2 Samuel 20:6-17 Bybel vir Almal (ABA)

6. Dawid het toe vir Abisai gesê: “Seba seun van Bikri sal nou vir ons meer probleme gee as Absalom. Jý moet party van my manne neem en julle moet vir Seba volg en jaag. Hy moenie in een van die stede kom wat sterk mure het nie, want daar sal ons hom nie kan sien nie.”

7. Joab en sy manne het saam met Abisai gegaan, en ook die manne wat die koning moes oppas en al die manne wat goed oorlog kon maak. Hulle het uit Jerusalem gegaan om vir Seba seun van Bikri te volg en te jaag.

8. Toe hulle by die groot klip kom wat in Gibeon is, het Amasa by hulle gekom. Joab het sy oorlogklere aangehad, en hy het sy swaard bo-oor sy klere vasgebind in die leersak. Die swaard het uit die leersak geval.

9. Joab het vir Amasa gesê: “Gaan dit goed, my broer?”Joab het met sy regter-hand Amasa se baard gegryp om hom te soen.

10. Amasa het nie die swaard gesien wat in Joab se linker-hand was nie, en Joab het vir Amasa in sy maag gesteek. Amasa se derms het uitgekom. Joab het net een maal gesteek, en Amasa het gesterf.Joab en sy broer Abisai het toe vir Seba seun van Bikri gevolg en gejaag.

11. Een van Joab se manne het by Amasa gestaan en gesê: “Almal wat hou van Joab en Dawid, moet saam met Joab gaan.”

12. Amasa het in sy bloed gelê en rol in die middel van die pad. Elkeen wat by Amasa verbygekom het, het gaan staan. Iemand het dit gesien en hy het vir Amasa uit die pad gesleep tot in die veld. Hy het sy bo-kleed oor Amasa gegooi.

13. Nadat hy vir Amasa uit die pad gesleep het, het al die manne verbygegaan om vir Seba seun van Bikri te volg en te jaag.

14. Seba het die manne van al die stamme van Israel met hom saamgeneem na die stad Abel-Bet-Maäka. Al die manne van die Beker-familie het ook bymekaargekom en hulle het saam met hom gegaan.

15. Joab en die ander manne het die stad aangeval van al die kante. Hulle het ’n grondwal teen die muur van die stad gebou en al die manne by Joab het begin om die muur van die stad af te breek.

16. Daar was ’n slim vrou in die stad, sy het geskree: “Luister, luister na my! Sê asseblief vir Joab hy moet nader kom hiernatoe, ek wil met hom praat.”

17. Toe Joab nader kom, het die vrou gevra: “Is jy Joab?”En Joab het gesê: “Ja, ek is.”Sy sê toe vir hom: “Luister na wat ek sê.”En hy het gesê: “Goed, ek luister.”

Lees volledige hoofstuk 2 Samuel 20