Ou Testament

Nuwe Testament

2 Konings 5:20-25 Bybel vir Almal (ABA)

20. Gehasi, wat vir Elisa, die man van God, gewerk het, het gedink en vir homself gesê: “Kyk wat het my meneer gedoen, hy het hierdie Arameër laat weggaan en hy het niks geneem van die presente wat hy gebring het nie. So seker soos die Here lewe, ek sal hardloop en wanneer ek by hom kom, sal ek iets by hom kry.”

21. Gehasi hardloop toe na Naäman toe, en toe Naäman sien daar kom iemand wat na hom toe hardloop, het hy stilgehou. Hy het afgeklim van die wa en hy het gewag vir die man. Toe Gehasi by hom kom, het Naäman gevra: “Is daar iets verkeerd?”

22. Gehasi het gesê: “Nee, daar is niks verkeerd nie. My meneer het my gestuur om te sê daar het nou twee jongmanne van die Efraim-berg by hom gekom. Hulle is profete, en jy moet asseblief vir my meneer ’n talent silwer gee en ook klere vir twee persone.”

23. Naäman het geantwoord: “Jy moet asseblief twee talente silwer neem.”Hy het aangehou sê dat Gehasi dit moet neem en hy het die twee talente silwer in twee sakke toegebind, en ook die klere. Hy het dit vir twee jongmanne gegee, en hulle het dit gedra en saam met Gehasi gegaan.

24. Toe hulle bo-op die heuwel kom, het Gehasi die goed geneem wat die jongmanne gedra het en hy het dit in sy huis gaan bêre. Toe het hy vir hulle gesê hulle moet teruggaan, en hulle het gegaan.

25. Gehasi het teruggekom by sy meneer, en toe hy by Elisa staan, vra Elisa: “Van waar kom jy, Gehasi?”Gehasi het gesê: “Nee, ek was nie weg nie.”

Lees volledige hoofstuk 2 Konings 5