Ou Testament

Nuwe Testament

2 Konings 13:3-11 Bybel vir Almal (ABA)

3. Die Here het kwaad geword vir die mense van Israel, en Hy het hulle vyande, koning Gasael van Aram en Ben-Hadad seun van Gasael, gehelp. Israel het die oorloë teen hulle verloor.

4. Joahas het vir die Here gevra om hulle sondes te vergewe, en die Here het gedoen wat Joahas gevra het, want die Here het gesien dat die koning van Aram die mense van Israel laat swaarkry.

5. Die Here het toe vir Israel ’n redder gegee, en hulle het vry geword van die Arameërs. Die mense van Israel kon toe weer in hulle huise woon, soos voorheen.

6. Maar hulle het nog dieselfde sondes gedoen wat die familie van Jerobeam gedoen het en wat hulle die mense van Israel laat doen het. Die gewyde paal het ook nog in Samaria gestaan.

7. Joahas het nie genoeg manne gehad om oorlog te maak nie. Daar was net 50 manne wat op perde gery het en tien oorlogkarre en 10 000 ander soldate. Die koning van Aram het die manne van Israel doodgemaak, hy het hulle soos stof getrap.

8. Al die ander dinge wat Joahas gedoen het, ook die dapper dinge wat hy gedoen het, is geskryf in die dagboeke van die konings van Israel.

9. Joahas het gesterf en sy mense het hom begrawe in Samaria. Sy seun Joas het koning geword ná hom.

10. Joas seun van Joahas het in Samaria koning van Israel geword in die sewe-en-dertigste jaar nadat koning Joas van Juda begin regeer het. Joas seun van Joahas was 16 jaar lank koning in Samaria.

11. Hy het dinge gedoen waarvan die Here nie hou nie. Hy het aangehou om die sondes te doen wat Jerobeam seun van Nebat die mense van Israel laat doen het.

Lees volledige hoofstuk 2 Konings 13