Ou Testament

Nuwe Testament

1 Samuel 2:15-20 Bybel vir Almal (ABA)

15. Maar die priester se slaaf het partymaal gekom voordat die priesters die vet op die altaar aan die brand gesteek het. Die slaaf het dan vir die man gesê: “Jy moet vleis gee vir die priester om te braai. Hy wil nie gaar vleis hê nie, hy wil rou vleis hê.”

16. En as die man dan vir die slaaf sê: “Wag ’n bietjie, hulle moet eers die vet aan die brand steek, daarna kan jy vat wat jy wil hê,” dan sê die slaaf vir hom: “Nee, jy moet dit nóú gee. As jy dit nie doen nie, dan sal ek dit self vat.”

17. Die Here het gesien dat die seuns van Eli ’n baie groot sonde doen, want hulle het gemaak of die offer van die Here nie belangrik is nie.

18. Samuel het in die tempel gewerk en hy het ’n linne-skouer-kleed gedra.

19. Sy ma het elke jaar ’n klein oorkleed vir hom gemaak en sy het dit vir hom gebring wanneer sy saam met haar man kom offer het.

20. Eli het Elkana en sy vrou geseën en gesê: “Jy en jou vrou het hierdie kind vir die Here geleen. Ek bid dat die Here vir julle nog kinders sal gee in sy plek.”Daarna het Elkana en sy huisgesin teruggegaan na sy huis.

Lees volledige hoofstuk 1 Samuel 2