Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 6:32-49 Bybel vir Almal (ABA)

32. Hulle werk was om te sing voor die tempel-tent, die tent waar die Here aan die Israeliete verskyn het. Hulle het dit daar gedoen totdat Salomo die tempel in Jerusalem gebou het. Hulle het beurte gekry om in die tempel te sing.

33-38. Hier is die name van die manne wat saam met hulle seuns gesing het:Van die nageslag van Kehat was daar Heman seun van Joël. Heman moes by die tempel sing. Sy voorvaders was Levi seun van Israel, Kehat, Jishar, Korag, Ebjasaf, Assir, Tagat, Sefanja, Asarja, Joël, Elkana, Amasai, Magat, Elkana, Sif, Toag, Eliël, Jerogam, Elkana en Samuel.

39-43. Asaf seun van Berekja het saam met Heman gesing, en hy het regs langs Heman gestaan. Sy voorvaders was Levi, Gersom, Jagat, Simi, Simma, Etan, Adaja, Serag, Etni, Malkija, Baäseja, Mikael en Sima.

44-47. Links langs hulle het Etan seun van Kisi gestaan. Hy was van die nageslag van Merari, en sy voorvaders was Levi, Merari, Musi, Magli, Semer, Amsi, Gilkija, Amasja, Gasabja, Malluk en Abdi.

48. Die ander Leviete moes die ander werk doen by die tempel van God.

49. Aäron en sy seuns moes die hoog-gewyde werk doen, hulle moes die offers aan die brand steek op die brandoffer-altaar en op die wierook-altaar. Hulle moes versoening doen vir die sondes van die Israeliete. Moses die dienaar van God het gesê wat hulle alles moet doen.

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 6