Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 27:20-34 Bybel vir Almal (ABA)

20. Die hoof van die Efraim-stam was Hosea seun van Asasja.Die hoof van die helfte van die Manasse-stam wes van die Jordaan-rivier was Joël seun van Pedaja.

21. Die hoof van die ander helfte van die Manasse-stam in die land Gilead was Jiddo seun van Sagaria.Die hoof van die Benjamin-stam was Jaäsiël seun van Abner.

22. Die hoof van die Dan-stam was Asarel seun van Jerogam. Dit was die hoofde van die stamme van Israel.

23. Dawid het nie die manne wat jonger as 20 jaar was, laat tel nie, want die Here het belowe dat Hy die Israeliete so baie sal maak soos die sterre in die lug.

24. Joab seun van Seruja het begin om hulle te tel, maar hy kon hulle nie klaar tel nie, want die Here het kwaad geword vir die Israeliete omdat Joab hulle getel het. Daarom is daar nie in koning Dawid se dagboek opgeskryf hoeveel manne daar was wat jonger as 20 jaar was nie.

25. Asmawet seun van Adiël was die hoof oor die koning se stoorkamers in Jerusalem. Joganan seun van Ussia was die hoof oor die stoorkamers buite Jerusalem, in die stede en die dorpe en die plekke wat hoë en sterk mure gehad het.

26. Esri seun van Kelub was die hoof oor die mense wat buite Jerusalem in die grond gewerk het.

27. Simeï van die stad Rama was die hoof oor die wingerde. Sabdi van die stad Sefam was die hoof oor die stoorkamers in die wingerde waar hulle die wyn gebêre het.

28. Baäl-Ganan van die stad Gedera was die hoof oor die olyfbome en die wildevyebome wat in die Laeveld was. Joas was die hoof oor die stoorkamers waar hulle die olyf-olie gebêre het.

29. Sitrai van die land Saron was die hoof oor die beeste wat in Saron gewei het. Safat seun van Adlai was die hoof oor die beeste in die valleie.

30. Obil van die Ismael-familie was die hoof oor die kamele. Jegdeja van die stad Meronot was die hoof oor die donkies.

31. Jasis van die Hagar-familie was die hoof oor die skape en bokke. Dit is al die manne wat hoofde was oor die goed van koning Dawid.

32. Dawid se oom Jonatan was ’n raadgewer. Hy was ’n verstandige man en hy kon skryf. Jegiël seun van Gakmoni het die koning se kinders grootgemaak.

33. Agitofel was die koning se raadgewer en Gusai van die stad Erek was die koning se vriend.

34. Ná Agitofel het Jojada seun van Benaja, en Abjatar raadgewers geword. Joab was die hoof van die koning se leër.

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 27