Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 25:4-8 Bybel vir Almal (ABA)

4. Van die Heman-familie was daar Heman se seuns Bukkija, Mattanja, Ussiël, Sebuel, Jerimot, Gananja, Ganani, Eliata, Giddalti, Romamti-Eser, Josbekasa, Malloti, Hotir en Magasiot.

5. Hulle was almal seuns van Heman, die siener van die koning. God het vir Heman belowe om hom ’n belangrike man te maak, daarom het God vir Heman 14 seuns en drie dogters gegee.

6. Hulle pa was hulle leier wanneer hulle in die tempel musiek moes maak met simbale, harpe en liere. Hulle moes dit doen wanneer die priesters in die tempel gewerk het. Asaf, Jedutun en Heman het vir die koning gewerk.

7. Daar was 288 mense wat musiek vir die Here kon maak saam met die ander Leviete wat geleer het om te sing.

8. Hulle het lootjies getrek om te kyk wie moet werk en wanneer hulle moet werk. Hulle het dit gedoen vir almal, vir oumense en vir jongmense, vir die mense wat geweet het hoe om te sing en vir die mense wat nog geleer het hoe om dit te doen.

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 25