Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 12:29-38 Bybel vir Almal (ABA)

29. Die Benjamin-stam was familie van Saul en die meeste van hulle het aangehou om die koningshuis van Saul te help. Daar het 3 000 van hulle manne na Dawid toe gekom.

30. Van die Efraim-stam het 20 800 manne gekom. Hulle was belangrike manne in hulle families en hulle kon goed oorlog maak.

31. Van die een halwe Manasse-stam het 18 000 manne gekom. Hulle stam het hierdie manne gestuur om na Dawid toe te kom en hom koning te maak.

32. Van die Issaskar-stam het 200 leiers gekom. Hulle het geweet wanneer dit die regte tyd is om iets te doen, hulle het geweet wat die Israeliete moet doen. Hulle was die leiers van die manne van hulle stam.

33. Van die Sebulon-stam het 50 000 manne gekom. Hulle was gereed om oorlog te maak, hulle het al die wapens gehad wat hulle moes hê om oorlog te maak, en hulle almal wou graag vir Dawid help.

34. Van die Naftali-stam het 1 000 offisiere gekom en saam met hulle het 37 000 manne gekom wat skilde en spiese gehad het.

35. Van die Dan-stam het 28 600 manne gekom, hulle almal was gereed om oorlog te maak.

36. Van die Aser-stam het 40 000 manne gekom. Hulle was gereed om oorlog te maak en hulle het wapens gehad.

37. Van die oostekant van die Jordaan-rivier het 120 000 manne van die Ruben-stam, die Gad-stam en die ander helfte van die Manasse-stam gekom. Hulle het al die wapens gehad wat hulle moes hê om oorlog te maak.

38. Al hierdie manne het na die stad Hebron gekom. Hulle was gereed om oorlog te maak en hulle almal wou graag help om vir Dawid koning te maak oor al die Israeliete. Al die Israeliete wat nie gekom het nie, wou ook graag vir Dawid koning maak.

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 12