Ou Testament

Nuwe Testament

1 Konings 22:6-14 Bybel vir Almal (ABA)

6. Die koning van Israel sê toe al die profete moet bymekaarkom. Daar was omtrent 400 profete, en hy vra toe vir hulle: “Moet ek gaan oorlog maak teen Ramot in Gilead of moet ek dit nie doen nie?”Die profete het gesê: “Jy moet gaan. Die Here sal jou laat wen.”

7. Toe sê Josafat: “Is hier nog ’n profeet van die Here? Ons moet vir hom ook vra.”

8. Die koning van Israel het vir Josafat gesê: “Ja, hier is nog ’n profeet. Dit is Miga seun van Jimla. Ons kan vir hom vra wat die Here sê, maar ek hou nie van die man nie, want die dinge wat hy sê, is nooit goed vir my nie, dit is sleg.”Josafat sê toe: “Die koning moenie so praat nie.”

9. Die koning van Israel roep toe ’n amptenaar en hy sê vir hom: “Gaan roep gou vir Miga seun van Jimla.”

10. Die koning van Israel en koning Josafat van Juda het hulle koningsklere aangehad en elkeen het op sy troon gesit by die dorsvloer voor die poort van Samaria. Al die profete was besig om vir hulle te sê wat sal gebeur.

11. Sedekia seun van Kenaäna het vir hom ’n paar ysterhorings gemaak en hy het gesê: “Die Here sê: Met hierdie horings sal jy die Arameërs stoot totdat hulle almal dood is.”

12. Al die ander profete het gesê dit sal so gebeur. Hulle het gesê: “Koning, jy moet gaan na die stad Ramot in Gilead. Jy sal wen, die Here sal die stad vir jou gee.”

13. Die boodskapper wat vir Miga moes gaan roep, het vir hom gesê: “Al die profete sê dit sal goed gaan met die koning. Jy moet asseblief ook soos hulle sê, jy moet sê dit sal goed gaan.”

14. Miga het gesê: “So seker soos die Here lewe, ek sal sê wat die Here vir my sê.”

Lees volledige hoofstuk 1 Konings 22