Ou Testament

Nuwe Testament

Openbaring 22:15-21 Bybel vir Almal (ABA)

15. Buite God se stad is die slegte mense en die mense wat toor en die mense wat onsedelik lewe en die mense wat ander mense vermoor en die mense wat afgode dien en almal wat daarvan hou om te lieg.

16. “Ek, Jesus, het my engel na julle toe gestuur. Die engel het al die dinge in hierdie boek vir die gemeentes gesê. Ek, Jesus, is die Wortel van Dawid, die Nageslag van Dawid, en die Blink Môrester.”

17. Ja, die Gees en die kerk, Jesus se bruid, sê: “U moet kom!”Elkeen wat dit hoor, moet sê: “U moet kom!”As iemand geestelik dors is, dan moet hy water kom haal, water wat hom altyd sal laat lewe, water wat verniet is.

18. Die dinge wat moet gebeur, is in hierdie boek geskryf. Ek sê nou vir almal wat hierdie boek lees: “As iemand sê dat God dinge sal laat gebeur, en daardie dinge is nie in hierdie boek geskryf nie, dan sal God hom straf! God sal vir hom die strawwe gee wat in hierdie boek geskryf is!

19. En as iemand sê die dinge wat in hierdie boek geskryf is, sal nie gebeur nie, dan sal God hom straf! God sal sê hy mag nie eet van die vrugte van die boom van die lewe nie, en hy mag nie ingaan in die gewyde stad nie. In hierdie boek is geskryf van die boom van die lewe en van die gewyde stad.”

20. Dit is die Here Jesus wat al hierdie dinge sê. Hy sê ook: “Ja, Ek sal gou kom!”Amen! U moet kom, Here Jesus!

21. Ek bid dat die Here Jesus genadig sal wees vir julle almal!

Lees volledige hoofstuk Openbaring 22