Ou Testament

Nuwe Testament

Openbaring 18:10-15 Bybel vir Almal (ABA)

10. Hulle sal ver staan en kyk, want hulle sal bang wees dat God hulle ook sal straf. En hulle sal sê:“Dit gaan slegmet die Groot Stad!Baie sleg!Dit gaan sleg met Babilon,die sterk stad!God het haar vinnig gestraf,Hy het haar in een uur gestraf!”

11. En die handelaars van die aarde sal huil en kla oor haar, want daar is niemand wat hulle goed koop nie.

12. Niemand koop hulle goud, silwer, edelstene en pêrels nie. Niemand koop fyn materiaal, pers materiaal, sy, en materiaal wat rooi is nie. Niemand koop die baie soorte hout wat lekker ruik, die baie soorte goed van ivoor, die baie soorte goed van duur hout, van koper, yster en marmer nie.

13. Ja, niemand koop die handelaars se kaneel, speserye, wierook, lekkerruik-olie, speserye wat lekker ruik, wyn, olyf-olie, die beste meel, koring, beeste, skape, perde, waens, slawe en mense nie.

14. Ja, Babilon, jy het gehouvan baie goed,maar nou is dit alles weg,al die duur goed,al die blink goed,jy sal dit nooit weer sien nie!

15. Die handelaars het ryk geword, want hulle het baie goed aan haar verkoop. Maar hulle sal ver staan en kyk, want hulle sal bang wees dat God hulle ook sal straf. Hulle sal huil en kla.

Lees volledige hoofstuk Openbaring 18