Ou Testament

Nuwe Testament

Openbaring 16:13-21 Bybel vir Almal (ABA)

13. En ek het drie onrein geeste gesien. Hulle het gekom uit die bekke van die draak en die dier en die vals profeet. Die drie onrein geeste het gelyk soos paddas

14. en hulle was die geeste van duiwels. Die drie geeste het tekens gedoen en hulle het na al die konings op die aarde gegaan en gesê die konings moet saamkom om oorlog te maak op die belangrike dag, die dag van God, God wat alles kan doen.

15. Ja, die Here Jesus het gesê: “Ek sal weer kom! Ek sal kom soos ’n dief kom, niemand sal weet wanneer Ek kom nie. As jy gereed is wanneer Ek kom, dan is jy ’n gelukkige mens! Ja, jy moet gereed wees! Jy moenie wees soos iemand wat sonder klere rondloop nie, want almal sal sien jy is kaal.”

16. Die drie onrein geeste het die konings bymekaargebring by die plek Armageddon. Armageddon is ’n Hebreeuse naam.

17. Die sewende engel het sy bak uitgegooi in die lug. God se straf was in die bak. God wat op die troon sit, het hard gepraat. Hy het uit die tempel in die hemel gesê: “Ek het die mense klaar gestraf!”

18. Toe kom daar weerligstrale en donderweer, dit het baie geraas. Daar was ook ’n groot aardbewing. Dit was die grootste aardbewing wat op die aarde was vandat daar mense op die aarde is.

19. Die aardbewing het die groot stad, Babilon, in drie stukke laat breek, en die stede van die volke is verwoes. God het onthou dat die mense van die stad Babilon sonde gedoen het. Hy was baie kwaad vir hulle en Hy het hulle gestraf, Hy het vir hulle die beker van swaarkry gegee om te drink.

20. En al die eilande en die berge het verdwyn.

21. Daar het groot stukke hael uit die lug op die mense geval. Elke stuk hael het een talent geweeg. Toe die hael op die mense val, het hulle vir God gelaster, want dit was ’n swaar straf wat God vir hulle gegee het.

Lees volledige hoofstuk Openbaring 16