Ou Testament

Nuwe Testament

Matteus 23:6-19 Bybel vir Almal (ABA)

6. “Hulle sit graag op die belangrikste plekke by die feeste en in die sinagoges.

7. Hulle wil hê die ander mense moet hulle groet op die plekke in die stad waar die mense bymekaarkom, en hulle hou daarvan dat die mense vir hulle ‘Rabbi’ sê.

8. “Maar julle moenie dat mense vir julle ‘Rabbi’ sê nie, want daar is net een Persoon wat vir julle leer, en julle is almal mekaar se broers.

9. Julle moenie hier op die aarde vir iemand ‘Vader’ noem nie, want daar is net een Persoon wat julle Vader is, en dit is julle Vader in die hemel.

10. Julle moenie dat mense vir julle ‘leermeester’ noem nie, want net die Christus is julle Leermeester.

11. Die persoon wat by julle die belangrikste is, hy moet die ander dien.

12. As iemand dink hy is belangrik, dan sal God hom onbelangrik maak. En as iemand dink hy is onbelangrik, dan sal God hom belangrik maak.

13. “Dit sal sleg gaan met julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, julle wat skynheilige mense is. Dit sal sleg gaan met julle, want julle keer mense sodat hulle nie kan ingaan na God nie, God die Koning wat in die hemel is. Julle gaan self nie in nie en julle laat nie die mense ingaan wat wil ingaan nie.

15. “Dit sal sleg gaan met julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, julle is skynheilige mense. Julle gaan oral oor die see en in al die lande om een mens te leer om God te aanbid soos julle dit doen. En wanneer iemand soos julle geword het, dan maak julle hom twee maal slegter as julleself en dan gaan hy hel toe.

16. “Dit sal sleg gaan met julle, julle is soos blinde mense wat vir ander blindes wil wys waar hulle moet loop. Julle sê: ‘As iemand iets belowe en hy sê die tempel is die getuie, dan maak dit nie saak as hy nie doen wat hy belowe het nie. Maar as iemand iets belowe en hy sê die goud van die tempel is die getuie, dan moet hy doen wat hy belowe het.’

17. Julle is blind en dwaas. Wat is die belangrikste: die goud of die tempel? Want die tempel maak die goud gewyd.

18. En julle sê: ‘As iemand iets belowe en hy sê die altaar is die getuie, dan maak dit nie saak as hy nie doen wat hy belowe het nie. Maar as iemand iets belowe en hy sê die offer aan God op die altaar is die getuie, dan moet hy doen wat hy belowe het.’

19. Julle is blind! Wat is die belangrikste: die offer of die altaar wat die offer gewyd maak?

Lees volledige hoofstuk Matteus 23