Ou Testament

Nuwe Testament

Matteus 2:2-13 Bybel vir Almal (ABA)

2. Hulle het vir die mense gevra: “Waar is die Kind wat gebore is en wat koning van die Jode sal word? Ons het sy ster gesien opkom en ons het gekom om voor Hom te kniel en Hom te aanbid.”

3. Toe koning Herodes dit hoor, was hy en al die mense in Jerusalem baie geskok en bekommerd.

4. Koning Herodes het die priesterleiers geroep en ook die skrifgeleerdes. Hulle het ’n vergadering gehou, en koning Herodes het baie vrae vir hulle gevra. Hy wou weet waar die Christus gebore sal word.

5. Hulle het vir hom gesê: “Die Christus sal gebore word in die stad Betlehem in die provinsie Judea, want dit is wat die profeet geskryf het:

6. ‘God het gesê:“ ‘Jy, Betlehem, in die land Juda,jy is een van die belangrikste stedein Juda.Betlehem, daar sal ’n Leierin jou gebore word,en Hy sal vir my volk Israel sorgsoos ’n skaapwagtervir sy skape sorg.’ ”

7. Toe het koning Herodes die sterrekykers laat roep. Hy het gesê hulle moet na hom toe kom maar hulle moet vir niemand daarvan sê nie. Hy het lank met hulle gepraat om presies uit te vind wanneer hulle die eerste maal die ster gesien het.

8. Herodes het die sterrekykers na Betlehem gestuur en gesê: “Gaan vind alles uit oor hierdie Kindjie en soek Hom. As julle Hom kry, dan moet julle vir my kom sê. Ek wil ook gaan en voor Hom kniel en Hom aanbid.”

9. Nadat die sterrekykers gehoor het wat die koning gesê het, het hulle weggegaan. Die ster wat hulle in die ooste gesien het, het hulle gelei tot by die plek waar die Kindjie was. Toe het die ster gestop.

10. Toe die sterrekykers sien die ster is daar, was hulle baie bly.

11. Hulle het in die huis ingegaan, en daar het hulle die Kindjie by Maria, sy ma, gesien. Toe het hulle gebuig en voor Hom gekniel en Hom aanbid. Daarna het die sterrekykers hulle sakke oopgemaak en hulle het presente uitgehaal en vir die Kindjie gegee. Dit was goud, wierook en mirre.

12. God het die sterrekykers in ’n droom gewaarsku en gesê hulle moenie weer na Herodes toe gaan nie. Daarom het die sterrekykers op ’n ander pad teruggegaan na hulle land.

13. Nadat die sterrekykers weggegaan het, het ’n engel van die Here in ’n droom aan Josef verskyn en vir hom gesê: “Staan op, neem die Kindjie en sy ma saam en vlug na Egipte. Bly daar totdat Ek vir jou sê om terug te kom, want koning Herodes wil die Kindjie doodmaak.”

Lees volledige hoofstuk Matteus 2