Ou Testament

Nuwe Testament

Matteus 19:19-29 Bybel vir Almal (ABA)

19. jy moet jou ouers respekteer,”en “jy moet lief wees vir jou naastesoos jy lief is vir jouself.”

20. Die jongman sê toe vir Jesus: “Ek het alles gedoen wat God se wette sê. Wat moet ek nóg doen?”

21. Jesus het vir hom gesê: “As jy waarlik alles wil doen wat God se wette sê, dan moet jy alles gaan verkoop wat jy het en jy moet die geld vir die arm mense gee. As jy dit doen, dan sal jy ryk wees in die hemel. Kom dan hier en gaan saam met My.”

22. Toe die jongman hoor wat Jesus sê, was hy baie hartseer en hy het weggegaan, want hy was baie ryk.

23. Jesus het vir sy dissipels gesê: “Ek sê vir julle, en dit is seker: Dit sal baie moeilik wees vir ’n ryk mens om in te kom waar God Koning is, God wat in die hemel is.

24. Ek sê dit weer vir julle: ’n Ryk mens sal moeilik inkom waar God Koning is, God wat in die hemel is. ’n Kameel sal makliker deur die oog van ’n naald kan gaan.”

25. Toe die dissipels dit hoor, was hulle verbaas en hulle het gesê: “As dit so is, wie sal dan kan inkom waar God Koning is?”

26. Jesus het lank na hulle gekyk en Hy het vir hulle gesê: “Mense kan nie self inkom nie, maar God kan hulle laat inkom. God kan alles doen wat Hy wil doen.”

27. Petrus het geantwoord en vir Jesus gesê: “Kyk na ons, ons het alles gelos wat ons gehad het en ons gaan saam met U. Wat sal ons kry?”

28. Jesus het vir hulle gesê: “Ek sê vir julle, en dit is seker: Daar sal ’n dag kom wanneer God die wêreld en alles nuut sal maak, en Ek, die Seun van die mens, sal dan op my troon sit en Ek sal Koning wees. Dan sal julle wat saam met My gaan, op twaalf trone sit en julle sal regeer oor die twaalf stamme van Israel.

29. En elkeen wat sy huis los of sy broers of sy susters of sy pa of sy ma of sy kinders of sy grond waarop hy gewoon het, elkeen wat dit doen omdat hy gehoorsaam is aan My, sal baie meer kry. Hy sal die ewige lewe kry.

Lees volledige hoofstuk Matteus 19