Ou Testament

Nuwe Testament

Markus 13:8-26 Bybel vir Almal (ABA)

8. Die een volk sal teen die ander volk oorlog maak, die mense van een land sal teen die mense van ’n ander land veg. Daar sal aardbewings op baie plekke wees, en die mense sal min kos hê om te eet. Hierdie dinge is die begin, julle sal dan begin om baie swaar te kry.

9. Maar julle, julle moet wakker en versigtig wees, want die mense sal julle na die hof toe vat. Hulle sal julle met swepe slaan in die sinagoges. Julle sal voor goewerneurs en konings in die hof moet staan omdat julle aan My behoort. Dan kan julle vir hulle van My vertel.

10. Al die volke moet eers die goeie boodskap hoor.

11. Wanneer die mense julle vang en hof toe vat, dan moet julle nie bekommerd wees oor wat julle sal sê nie. God sal vir julle sê wat julle dan moet sê. Dit sal nie julle wees wat praat nie, dit sal die Heilige Gees wees wat praat.

12. Een broer sal ’n ander broer hof toe vat en vra dat die hof hom moet straf en doodmaak, en so sal ’n pa ook sy kind hof toe vat. Kinders sal opstandig wees teen hulle ouers en hulle sal hulle ouers laat doodmaak.

13. Almal sal julle haat omdat julle aan My behoort. Maar as julle tot die einde aanhou om My te volg, dan sal God julle red.”

14. Jesus het gesê: “Julle sal iets sien wat vir God baie kwaad maak en wat alles verwoes. Dit sal staan op ’n plek waar dit nie moet wees nie. Almal wat hierdie woorde lees, moet goed dink wat dit beteken. Wanneer dit gebeur, dan moet die mense wat in Judea is, na die berge vlug.

15. Iemand wat dan op die dak van sy huis is, moenie wanneer hy afklim, eers in die huis ingaan om iets te gaan haal nie.

16. En iemand wat op die koringland werk, moenie eers omdraai huis toe om sy klere te gaan haal nie.

17. Dit sal in daardie tyd sleg gaan met vroue wat ’n baba verwag of wat kinders het wat nog aan hulle drink.

18. Julle moet bid dat hierdie dinge nie in die winter gebeur nie.

19. In daardie dae sal mense baie swaar kry. Tot nou toe het niemand so swaar gekry nie, van die begin af toe God alles gemaak het, tot nou toe. Niemand sal weer so swaar kry nie.

20. In daardie tyd sal die mense swaarkry, maar die Here het besluit om daardie tyd korter te maak. As Hy dit nie besluit het nie, dan sal niemand in daardie tyd kan aanhou lewe nie. Maar die Here het besluit om daardie tyd korter te maak om die mense te help wat Hy gekies het.

21. Wanneer iemand in daardie tyd vir julle sê: ‘Kyk, hier is die Christus!’ of ‘Kyk, daar is Hy!’ dan moet julle hom nie glo nie,

22. want daar sal mense kom wat vals is en wat sê hulle is die Christus. Daar sal ook vals profete kom en hulle sal tekens wys en wonderwerke doen. Hulle sal probeer om die mense van God verkeerd te laat doen. Maar God het hulle gekies, daarom sal die vals profete dit nie regkry nie.

23. “Julle moet oppas! Ek het dit alles vir julle gesê voordat dit gebeur.”

24. “In daardie tyd, nadat die ander mense die gelowiges verdruk het,“sal die son donker worden die maan sal nie skyn nie.

25. Die sterre sal uit die lug valen alles in die lug sal skud.

26. “Dan sal almal My, die Seun van die mens, sien. Ek sal op die wolke kom en Ek sal alles kan doen wat Ek wil doen. Ek sal die Groot Koning wees.

Lees volledige hoofstuk Markus 13