Ou Testament

Nuwe Testament

Johannes 5:26-35 Bybel vir Almal (ABA)

26. “Die Vader lewe en Hy laat mense lewe. Hy het hierdie lewe ook vir die Seun gegee sodat die Seun ook mense kan laat lewe.

27. Die Vader het ook gesê die Seun mag oordeel, want Hy is die Seun van die mens.

28. Julle moenie verbaas wees hieroor nie. Daar sal ’n tyd kom wanneer almal wat nou klaar dood is en in hulle grafte lê, sal hoor dat die Seun hulle roep.

29. Almal wat reg gelewe het, sal uitkom uit hulle grafte. Hulle sal weer begin lewe sodat hulle die ewige lewe kan kry. Almal wat sleg gelewe het, sal weer begin lewe sodat die Seun hulle kan oordeel.

30. Ek, die Seun, mag nie self besluit om iets te doen nie. Ek luister eers wat die Vader vir My sê, dan oordeel Ek. Ja, Ek oordeel regverdig, want dit is nie Ék wat besluit wat Ek moet doen nie. Ek doen net wat die Vader wil hê, Hy wat My na die wêreld gestuur het.”

31. Jesus het vir die Jode gesê: “As Ek self sê wie Ek is, dan beteken my woorde niks.

32. Maar daar is Iemand Anders wat sê wie Ek is. Dit is God. Ek weet dat die dinge wat Hy van My sê, waar is.

33. Julle het mense na Johannes die Doper toe gestuur en hy het die waarheid oor My gepraat.

34. Maar dit is nie nodig dat mense moet sê wie Ek is nie. Ek sê dit vir julle sodat julle kan glo en sodat God julle kan red.

35. Johannes was soos ’n lamp wat brand en helder skyn, en julle was ’n kort tydjie bly oor sy lig.

Lees volledige hoofstuk Johannes 5