Ou Testament

Nuwe Testament

Hebreërs 7:5-21 Bybel vir Almal (ABA)

5. Die Wette van Moses sê dat die mense wat van die nageslag van Levi is, priesters mag wees, en hulle mag tiendes neem van die volk. Die volk is die Leviete se broers en die volk is die nageslag van Abraham, maar die Leviete kon tiendes neem van die volk.

6. Maar Melgisedek was nie een van die Levi-priesters nie, en hy het ’n tiende van Abraham geneem. God het vir Abraham goeie dinge belowe, en Melgisedek het vir Abraham geseën.

7. Almal weet dat ’n mens wat belangrik is, die minder belangrike mens seën.

8. Die Levi-priesters ontvang tiendes en hulle is mense wat sal sterf. Maar Melgisedek ontvang ook tiendes, en die Ou Testament sê dat hy aangehou het om te lewe.

9. ’n Mens kan miskien sê die nageslag van Levi wat tiendes ontvang, het ook vir Melgisedek tiendes gegee toe Abraham vir Melgisedek ontmoet het en vir hom ’n tiende gegee het.

10. Want Levi was toe nog in sy voorvader Abraham se liggaam toe Melgisedek vir Abraham ontmoet het.

11. Die volk het die Wette van Moses ontvang om vir hulle te vertel van die werk van die priesters van die nageslag van Levi. As dit waar is dat hierdie priesters van die nageslag van Levi hulle werk heeltemal klaar gedoen het, hoekom moes daar ’n ander priester kom? Hoekom moes hy ’n priester wees wat soos Melgisedek is en nie soos Aäron nie?

12. Want wanneer ander mense priesters word, dan moet die wet ook verander.

13. Want die Ou Testament het hierdie belofte oor hierdie ander priester gemaak, en hy was van ’n ander stam. Niemand van hierdie stam was ’n priester by die altaar nie.

14. Want almal weet dat ons Here van die Juda-stam kom. Moses het niks gesê oor priesters in die Juda-stam nie.

15. En wanneer daar ’n ander priester kom wat soos Melgisedek is, dan is dit nog meer duidelik

16. dat hy nie ’n priester geword het soos die wette en reëls oor mense se afstammelinge sê nie. Nee, Hy het ’n priester geword omdat Hy nie kon sterf nie.

17. Want in die Ou Testament is geskryf: Jy self sal altyd ’n priester wees,soos Melgisedek ’n priester was.

18. Daar is nie meer priesters nie, want die wette wat voorheen daar was oor priesters, was swak en dit het nie vir die mense gehelp nie.

19. Ja, die wet het niks heeltemal reg gemaak soos dit moes wees nie. Maar nou gee God vir ons iets, en ons is baie seker daarvan. Daarom kan ons nou nader kom na God toe.

20. Jesus het ’n priester geword omdat God dit vir Hom belowe het. Die Levi-priesters het priesters geword, maar God het dit nie vir hulle belowe nie.

21. Maar Jesus het ’n priester geword omdat God dit vir Hom belowe het, en God was self die getuie. Hy het gesê: Die Here het belowe,en dit sal so wees:Jy self sal altyd ’n priester wees.

Lees volledige hoofstuk Hebreërs 7