Ou Testament

Nuwe Testament

Hebreërs 4:3-12 Bybel vir Almal (ABA)

3. Want ons wat glo, gaan in die land in waar ons veilig kan woon en kan rus. Die Here het gesê: Ek was kwaad en Ek het gesê:So seker soos Ek lewe,hulle sal nie kom in die landwaar Ek hulle veiligwou laat woonen laat rus nie.God het dit nie gesê omdat Hy nie vir hulle rus kan gee nie. God kan vir mense rus gee, Hy rus self vandat Hy die wêreld gemaak het.

4. Want God het gepraat oor die sewende dag en Hy het gesê: “God het op die sewende dag gerus, Hy het nie gewerk nie.”

5. En ons lees ook dat God sê: “Hulle sal nie kom in die land waar Ek hulle veilig wou laat woon en laat rus nie.”

6. Die mense wat voorheen die goeie boodskap gehoor het dat God vir hulle rus sal gee, het nie ingegaan in die plek waar hulle kan rus soos God vir hulle belowe het nie. Hulle het nie ingegaan nie omdat hulle ongehoorsaam was. Maar party mense sal kan ingaan in die plek waar hulle veilig kan wees en kan rus, soos God belowe het.

7. Daarom het God besluit dat daar weer ’n dag sal wees wat Hy “Vandag” noem. Dit het gebeur toe Dawid lank hierna gepraat het oor die dinge waaroor ek nou geskryf het. Dawid het gesê: Vandag, wanneer julle luisterna wat God sê,dan moet julle nie hardkoppigwees nie.

8. Want as Josua die volk gebring het in ’n land waar hulle veilig kan woon en kan rus, dan sou God nie later gepraat het van ’n ander dag nie.

9. Daarom sal die volk van God nog kom in die land waar hulle veilig kan woon en kan rus, soos hulle op die Sabbatdag rus.

10. Want wanneer God iemand laat rus, dan werk die persoon nie meer nie, soos God gerus het toe Hy klaar gewerk het.

11. Daarom moet ons hard probeer om daardie rus by God te kry, sodat niemand van ons so ongehoorsaam sal wees soos Israel was nie.

12. Want die boodskap van God is nie woorde wat dood is en niks beteken nie, dit kan werk en dinge doen. Dit is skerper as die skerpste swaard, dit kan diep oopsny, tot by ’n mens se lewe en gees, tot by sy murg en die bene in sy liggaam. Dit kan sien wat is reg en wat is verkeerd wanneer ’n mens dink en graag dinge wil doen.

Lees volledige hoofstuk Hebreërs 4