Ou Testament

Nuwe Testament

Hebreërs 4:1-5 Bybel vir Almal (ABA)

1. God het belowe dat Hy sy volk sal laat kom in die land waar hulle veilig kan woon en kan rus, en hierdie belofte is nou nog waar. Daarom moet ons oppas, God sal miskien sê dat party van julle nie in die land sal kom waar ons veilig kan woon en kan rus nie.

2. Want ons het ook die goeie boodskap gehoor soos daardie mense wat uit Egipte gekom het, dit gehoor het. Maar die boodskap wat hulle gehoor het, het hulle nie gehelp nie omdat hulle nie geglo het nie.

3. Want ons wat glo, gaan in die land in waar ons veilig kan woon en kan rus. Die Here het gesê: Ek was kwaad en Ek het gesê:So seker soos Ek lewe,hulle sal nie kom in die landwaar Ek hulle veiligwou laat woonen laat rus nie.God het dit nie gesê omdat Hy nie vir hulle rus kan gee nie. God kan vir mense rus gee, Hy rus self vandat Hy die wêreld gemaak het.

4. Want God het gepraat oor die sewende dag en Hy het gesê: “God het op die sewende dag gerus, Hy het nie gewerk nie.”

5. En ons lees ook dat God sê: “Hulle sal nie kom in die land waar Ek hulle veilig wou laat woon en laat rus nie.”

Lees volledige hoofstuk Hebreërs 4