Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 21:21-28 Bybel vir Almal (ABA)

21. Party mense het vir hulle gesê dat jy vir al die Jode wat by die heidene woon, sê hulle moenie doen wat in Moses se wette geskryf is nie. Hulle sê dat jy sê daardie Jode moenie hulle kinders besny nie en hulle moenie soos Jode lewe nie.

22. “Ons weet nou nie wat om te doen nie. Die Jode wat in Christus glo, sal hoor dat jy na Jerusalem gekom het. Dit is seker!

23. Jy moet nou maak soos ons vir jou sê. Hier is vier mans by ons, hulle het ’n gelofte gemaak.

24. Wanneer hulle vir hulle laat reinig, dan moet jy ook vir jou laat reinig. En jy moet betaal sodat hulle al hulle hare kan laat afskeer. Dan sal almal weet die dinge is nie waar wat mense oor jou sê nie. Hulle sal weet dat jy self ook reg lewe en doen wat die wette sê.

25. Maar ons het ’n brief geskryf vir die heidene wat in Christus glo. Ons het vir hulle geskryf dat ons besluit het dat hulle nie afgod-offervleis moet eet nie, hulle moet ook nie bloed eet of iets eet wat verwurg is nie, en hulle moenie onsedelik lewe nie.”

26. Paulus het toe gesê die mans moet saam met hom gaan. Die volgende dag het hy homself laat reinig saam met hulle. Toe het hy ingegaan in die tempel. Hy het daar vir almal gesê hoe lank hy en die vier mans hulle sal laat reinig. Hy het ook gesê op watter dag dit verby sal wees en wanneer elkeen van hulle ’n offer sal bring.

27. Die sewe dae wat Paulus en die vier mans hulle laat reinig het, was amper verby. Toe het Jode wat van die provinsie Asië gekom het, vir Paulus in die tempel gesien. Hulle het so geskree dat almal in die tempel kwaad geword het vir Paulus en hulle het vir Paulus gevang.

28. Hulle het hard geskree en gesê: “Israeliete, julle moet kom help! Hier is die man wat oral vir almal dinge leer wat teen ons volk is, en wat ook teen ons wette en teen die tempel is. Hy het ook Grieke ingebring in die tempel en so het hy hierdie gewyde plek onrein gemaak.”

Lees volledige hoofstuk Handelinge 21