Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 20:1-8 Bybel vir Almal (ABA)

1. Die mense in die stad Efese het geskree en geraas, en toe hulle ophou, het Paulus die gelowiges laat roep en hy het hulle bemoedig. Toe het hy hulle gegroet en hy het na die provinsie Masedonië gegaan.

2. Hy het deur die provinsie Masedonië gegaan en hy het die gelowiges baie bemoedig. Hy het verder gegaan totdat hy in Griekeland gekom het

3. en hy het drie maande lank daar gebly. Hy het besluit om met die skip na die provinsie Sirië te seil, maar hy het gehoor dat die Jode ’n geheime plan gemaak het om hom dood te maak. Daarom het hy besluit om deur Masedonië terug te gaan na Sirië.

4. Hierdie manne het saam met Paulus gegaan: Sopater, die seun van Pirrus van die stad Berea, en ook Aristargus en Sekundus, hulle was twee gelowiges van die stad Tessalonika, ook Gaius van die stad Derbe, en Timoteus en twee gelowiges van die provinsie Asië, hulle name was Tigikus en Trofimus.

5. Party van hulle het eerste gegaan, en hulle het vir ons gewag in die stad Troas.

6. Nadat die Fees van die Ongesuurde Brood verby was, het ons met die skip weggeseil van die stad Filippi. Nadat ons vyf dae geseil het, het ons in die stad Troas aangekom, die ander manne was al klaar daar. Ons het sewe dae lank daar gebly.

7. Op die eerste dag van die week het ons in die aand bymekaargekom en ons het almal saam geëet. Paulus het met die gelowiges gepraat. Hy wou die volgende dag verder gaan en daarom het hy baie lank gepraat, hy het gepraat tot in die middel van die nag.

8. Ons was almal bymekaar in die bo-kamer, en daar het baie lampe in die kamer gebrand.

Lees volledige hoofstuk Handelinge 20