Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 15:13-28 Bybel vir Almal (ABA)

13. Toe Barnabas en Paulus klaar gepraat het, het Jakobus gesê: “Vriende, luister na my.

14. Simeon het vir ons vertel hoe God begin het om te wys dat Hy vir die heidene wil sorg. God het dit gewys toe Hy uit die heidene ’n volk geneem het om aan Hom te behoort.

15. Die profete sê ook soos Simeon. Daar is geskryf:

16. “Die Here het gesê: Daar sal ’n tyd kom wanneer Ekdie nageslag van koning Dawidweer sal laat regeer.Hulle is soos ’n huiswat omgeval het,soos ’n muur wat afgebreek is.En dan sal Ek terugkomen Ek sal die huis van Dawidwat omgeval het,weer bou,en Ek sal sy murewat afgebreek is,weer bou.En die huis van Dawid sal weerwees soos hy altyd was.

17. Ek sal dit doen sodatal die ander mensena die Here toe sal komen sodat al die heidenena die Here toe sal kom,Ek het hulle gekies om aanMy te behoort. Die Here wat al hierdie dinge doen,het dit gesê.

18. Hy het dit lank gelede gesê.

19. “Daarom dink ek dat ons dit nie moeilik moet maak vir die heidene wat verander en wat begin lewe soos God wil hê hulle moet lewe nie.

20. Nee, ons moet vir hulle skryf om nie afgod-offervleis te eet nie. Hulle moet ook nie onsedelik lewe nie, hulle moenie iets eet wat verwurg is nie, en hulle moet ook nie bloed eet nie.

21. Want van lank gelede af was daar in elke stad mense wat vir ander mense vertel het van die Wette van Moses. Daarom het hulle elke Sabbatdag in die sinagoges vir mense uit die Wette van Moses gelees.”

22. Toe het die apostels en die ouderlinge en die hele gemeente in Jerusalem besluit om mans te kies en om hulle saam met Paulus en Barnabas na die stad Antiogië te stuur. Die mans wat hulle gekies het, was leiers van die gelowiges. Hulle was Judas en Silas. Judas se ander naam was Barsabbas.

23. Die apostels en ouderlinge het ’n brief geskryf wat hulle saam met Judas en Silas gestuur het. In die brief was geskryf: “Ons, die apostels en ouderlinge, julle broers, skryf vir die gelowiges wat voorheen heidene was in die stad Antiogië en in die provinsies Sirië en Silisië. Ons stuur groete vir julle.

24. Ons het gehoor dat party mense hier van Jerusalem na julle toe gegaan het en dat hulle vir julle deurmekaar gemaak en ontstel het. Ons het hulle nie na julle toe gestuur nie.

25. Daarom het ons met mekaar gepraat en ons almal het besluit om mans te kies en om hulle saam met Barnabas en Paulus na julle toe te stuur. Ons is lief vir Barnabas en Paulus,

26. en hulle is mense wat amper gesterf het toe mense hulle wou doodmaak omdat hulle in die Here Jesus Christus geglo het.

27. Daarom het ons vir Judas en Silas gestuur sodat hulle vir julle dieselfde dinge kan vertel wat ons geskryf het.

28. Want die Heilige Gees en ons het besluit om dit nie vir julle moeiliker te maak nie, maar dit is belangrik dat julle net hierdie dinge moet doen:

Lees volledige hoofstuk Handelinge 15