Ou Testament

Nuwe Testament

1 Korintiërs 2:6-16 Bybel vir Almal (ABA)

6. Die mense wat God se planne verstaan, weet dat die dinge wat ons sê, baie verstandig is. Maar onthou, ons praat van dinge wat die mense van hierdie wêreld en die mense wat oor die wêreld regeer, nie verstaan nie. Die tyd van die leiers van die wêreld is amper verby.

7. Ons vertel vir julle van God se plan. Niemand het iets daarvan geweet nie, net God het daarvan geweet. Voordat God die wêreld gemaak het, het Hy begin om sy plan gereed te maak sodat ons eendag saam met Hom kan wees waar Hy Koning is.

8. Nie een van die wêreld se leiers het hierdie plan geken nie. As hulle dit geken het, dan sou hulle nie die Here gekruisig het nie, die Here wat Koning is.

9. Die woorde in die Ou Testament is waar. Daar is geskryf: God het iets gereedgemaak.Niemand het dit gesien nie,niemand het daarvangehoor nie,en niemand het daaraangedink nie.Hy het dit gereedgemaakvir die mensewat lief is vir Hom.

10. God het die Heilige Gees gestuur om hierdie plan vir ons te wys. Die Gees vind alles uit oor alle dinge, ook oor die dinge van God waarvan niemand weet nie.

11. Wie ken die dinge wat ’n mens dink? Net die gees van die mens ken dit. Dit is ook so by God: Niemand ken die dinge wat God dink nie, net God se Gees ken dit.

12. Maar óns verstaan die dinge wat God vir ons gegee het. Hy het dit gegee omdat Hy genadig is vir ons. Ons verstaan dit omdat God vir ons sý Gees gegee het, nie die gees van die wêreld nie.

13. Wanneer ons oor die dinge van God praat, dan gebruik ons nie woorde wat slim mense vir ons geleer het nie, ons gebruik woorde wat God se Gees vir ons geleer het. En so verduidelik ons geestelike dinge vir mense wat die geestelike dinge kan verstaan.

14. Iemand wat lewe soos die mense van hierdie wêreld, wil nie die dinge van God se Gees hê nie, want hy dink dit is dom dinge. Hy kan dit nie verstaan nie omdat ’n mens dit geestelik moet verstaan.

15. Iemand wat lewe soos die Gees van God wil hê, kan oor enige iets sê of dit reg of verkeerd is. Maar niemand anders kan sê of iemand wat lewe soos die Gees van God wil hê, reg of verkeerd is nie.

16. In die Ou Testament is geskryf: Niemand kan verstaanwat die Here dink nie,niemand kan vir Hom sêwat Hy moet doen nie.Maar ons, ons verstaan wat Christus dink.

Lees volledige hoofstuk 1 Korintiërs 2