Ou Testament

Nuwe Testament

Levitikus 5:13-19 Afrikaans 1983 (AFR83)

13. So doen die priester vir die persoon versoening vir die sonde wat hy gedoen het in enige van die genoemde gevalle, en so word sy sonde vergewe. Soos by die graanoffer, kom die meel wat oorbly die priester toe.”

14. Die Here het vir Moses gesê:

15. “Wanneer iemand sonder opset troueloos handel en teen die heilige dinge van die Here sondig, bring hy vir die Here as skuldoffer 'n ram sonder liggaamsgebrek uit die kleinveetrop. Die waarde van die ram as skuldoffer word in silwer bereken volgens die standaardgewig van die heiligdom.

16. As die waarde te min is, betaal die persoon in wat hy nog aan die heiligdom verskuldig is, en voeg nog een vyfde by en gee dit aan die priester. Die priester doen vir die persoon versoening met die ram as skuldoffer, en sy sonde word hom vergewe.

17. “As iemand sondig en teen een van die gebooie van die Here oortree, is hy skuldig al was hy nie bewus daarvan nie. Sy skuld rus op hom.

18. Hy bring as skuldoffer 'n ram sonder liggaamsgebrek uit die kleinveetrop na die priester toe, volgens die vasgestelde waarde, en die priester doen vir die persoon versoening vir die onopsetlike sonde wat hy gedoen het en waarvan hy nie bewus was nie, en sy sonde word hom vergewe.

19. Dit is die skuldoffer, die skuldoffer wat hy aan die Here bring.”

Lees volledige hoofstuk Levitikus 5