hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14

Ou Testament

Nuwe Testament

Hosea 1 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Die woord van die Here wat gekom het tot Hosea seun van Beëri tydens die regering van konings Ussia, Jotam, Agas en Hiskia van Juda en van koning Jerobeam van Israel, seun van Joas.

Die Israeliete is ontrou aan die Here

2. 'n Inleiding tot die woorde van die Here deur die diens van Hosea.Die Here het vir Hosea gesê: Gaan trou met 'n prostituut wat buite-egtelike kinders het, want die land is besig om te hoereer, om heeltemal ontrou aan die Here te word.

3. Hosea het toe met Gomer dogter van Diblajim gaan trou. Sy het swanger geraak en vir Hosea 'n seun in die wêreld gebring.

4. Die Here sê toe vir Hosea: Noem die seun Jisreël, want Ek gaan binnekort die koningshuis van Jehu laat boet vir die bloedbad in die stad Jisreël en Ek gaan die koningskap in Israel tot niet maak.

5. Dié dag sal Ek die leër van Israel vernietig in die Jisreëlvlakte.

6. Gomer het weer swanger geraak en sy het 'n dogter gekry. Die Here het toe vir Hosea gesê:Noem haar Sonder-ontferming,want Ek gaan My nie weer oor Israel ontfermen hulle sonde vergewe nie.

7. Maar Ek sal My oor Juda ontferm en Ek, die Here hulle God, sal hulle red. Ek sal dit nie doen met wapens, oorlog, perde en ruiters nie.

8. Nadat sy vir Sonder-ontferming gespeen het, het Gomer weer swanger geraak en 'n seun gekry.

9. Die Here het gesê:Noem hom Nie-my-volk-nie,want julle is nie my volk nieen Ek is nie julle God nie.

'n Nuwe toekoms vir Israel

10. Tog sal die getal van die Israeliete in die toekoms wees soos die sand van die see wat nie getel of gemeet kan word nie. Waar nou vir hulle gesê word: “Julle is Nie-my-volk-nie,” sal vir hulle gesê word: “Julle is kinders van die lewende God.”

11. Dan sal die Judeërs en die Israeliete weer een word en vir hulle een leier aanwys en die beheer van die land oorneem. Daardie dag sal Jisreël se val groot wees.

12. Sê maar solank vir julle broers: “My volk,” en vir julle susters: “Dié vir wie daar ontferming is.”