Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 12:8-14 Afrikaans 1983 (AFR83)

8. Maar hulle sal aan hom onderhorig word, en hulle sal agterkom wat dit is om My te dien en wat dit is om die konings van ander lande te dien.”

9. Koning Sisak van Egipte het teen Jerusalem opgetrek en beslag gelê op die skatte in die huis van die Here en die paleis. Hy het alles gevat, ook die goue skilde wat Salomo laat maak het.

10. Koning Rehabeam het toe bronsskilde in die ander se plek laat maak en dié oorhandig aan die offisiere van die wag wat by die ingang van die paleis diens gedoen het.

11. Elke keer wanneer die koning na die huis van die Here toe gegaan het, het die wag die skilde gedra, en daarna het hulle die skilde teruggebring na die wagte se kamer toe.

12. Omdat die koning berou gehad het, het die toorn van die Here nie op hom bly rus nie en het dit hom nie heeltemal vernietig nie. Daar was trouens nog iets goeds in Juda.

13. Koning Rehabeam het 'n stewige houvas op die koningskap in Jerusalem gehad en het aangehou regeer. Hy was een en veertig toe hy koning geword het en was sewentien jaar lank koning in Jerusalem, die stad wat deur die Here onder al die Israelitiese stamme gekies is om sy Naam daar te vestig.Rehabeam se ma was Naäma, 'n Ammonitiese vrou.

14. Hy het gedoen wat verkeerd is en hy het hom nie daarop toegelê om na die wil van die Here te vra nie.

Lees volledige hoofstuk 2 Kronieke 12