Ou Testament

Nuwe Testament

2 Konings 1:7-13 Afrikaans 1983 (AFR83)

7. Die koning vra hulle toe: “Hoe het die man gelyk wat vir julle tegemoet geloop en hierdie dinge vir julle gesê het?”

8. Hulle het geantwoord: “Dit was 'n man met velklere aan en met 'n velgordel om sy middel.”Daarop sê die koning: “Dit moet Elia die Tisbiet wees.”

9. Hy stuur toe 'n offisier met vyftig manskappe na Elia toe. Die offisier het na Elia toe opgeklim waar hy op die top van 'n berg gesit het. Die offisier het vir hom gesê: “Man van God, die koning het beveel jy moet afkom na hom toe.”

10. Toe antwoord Elia die offisier: “So seker as ek 'n man van God is, daar sal vuur uit die hemel uit afkom en jou en jou vyftig man verteer!”Daar het toe vuur uit die hemel uit afgekom en die offisier en sy vyftig manskappe verteer.

11. Die koning stuur toe 'n ander offisier met vyftig man na Elia toe om hom te beveel: “Man van God, die koning sê: jy moet vinnig na hom toe kom.”

12. Elia het hom geantwoord: “So seker as ek 'n man van God is, daar sal vuur uit die hemel uit afkom en jou en jou vyftig man verteer!”Daar het toe 'n vuur van God uit die hemel uit afgekom en dit het die offisier en sy vyftig man verteer.

13. Die koning stuur toe 'n derde keer 'n offisier met sy vyftig man. Die derde offisier is die berg op. By Elia aangekom, het hy op sy knieë voor hom geval en hom om genade gesmeek: “Man van God, spaar tog asseblief my lewe en die lewe van hierdie vyftig man.

Lees volledige hoofstuk 2 Konings 1